PDA

View Full Version : [Afrikaans]: Is hier enige Afrikaanse mense?

Pages : [1] 2

veniqe
27-01-09, 08:58 AM
Ek's lus om in Afrikaans te gesels. Laat my weet of hier enigiemand is wat Afrikaans is.

Steve-o
27-01-09, 09:44 AM
Nee wat boet, ek's nie Afrikaans nie maar ek kan die taal 'n bietjie gooi :D

Jer1cho
27-01-09, 10:45 AM
I am English by father (and preference), and Afrikaans by schooling (Hoerskool Middelburg) and mother. But i just prefer English. This is also an international rugby forum, so there aint really any point in speaking Afrikaans. ;)

Steve-o
27-01-09, 10:54 AM
Moenie so mislik wees ou boet Jer1cho :P

Jer1cho
27-01-09, 11:11 AM
<div class='quotetop'>QUOTE (Steve-o @ Jan 27 2009, 01:54 PM) <{POST_SNAPBACK}> ('index.php?act=findpost&pid=373679')</div>
Moenie so mislik wees ou boet Jer1cho :P[/b]

Who me? :search: Verskoon my. :rolleyes:

Hall
27-01-09, 11:39 AM
The only Afrikaans I know (other than Rugby position names); Praat jy Afrikaans?

Laetca
27-01-09, 05:51 PM
I understand about 98% or so, but I tend to answer in Dutch when I&#39;m conversing with South Africans :)

Jer1cho, it IS in the international board, so why not :P

Steve-o
27-01-09, 06:55 PM
Ja, Jer1cho moenie met ons taal bakly nie! Jou soutie! Haha :P
Oh, en dis &#39;virskoon&#39; nie &#39;verskoon&#39;. Maggies man.

Woldog
27-01-09, 11:53 PM
I only know like 5 words in Afrikaans and I would get banned if I repeated any of them, one begins with K.

Jer1cho
28-01-09, 03:45 AM
Ok ok ek&#39;s jammer. Nou is julle net lelik met my. Steve-o, Jy maak my gevoelens baie seer. Ek gaan nou in &#39;n hoekie sit en oor my lewe wonder... <_<

Anyway, i think the majority of white people in South Africa speak Afrikaans. Maybe around 60% i would guess. I also heard that it is the youngest language on Earth. One thing i do know is that it&#39;s a really awesome cursing language!

Gaan kak jou bliksem!

munross
28-01-09, 09:18 AM
<div class='quotetop'>QUOTE (Steve-o @ Jan 27 2009, 09:55 PM) <{POST_SNAPBACK}> ('index.php?act=findpost&pid=373765')</div>
Ja, Jer1cho moenie met ons taal bakly nie! Jou soutie! Haha :P
Oh, en dis &#39;virskoon&#39; nie &#39;verskoon&#39;. Maggies man.[/b]

:huh: Nee maggies Steve-o watse k@k woorde boek het jy in die hande gekry, mens spel dit verskoon, so vra vir Jer1cho onverskoning :P

Steve-o
28-01-09, 10:38 AM
Oh koeksister, my koppie raas ek se. Jammer my swaar :lol:

Jer1cho
28-01-09, 11:28 AM
Dis heel reg my broer! Ek vat dit maar as &#39;n straf dop vir jou as jy bietjie weer Super 14 met my hier by Ellis kom kyk! :P

veniqe
28-01-09, 12:58 PM
<div class='quotetop'>QUOTE (Intercept King JdV @ Jan 28 2009, 12:18 PM) <{POST_SNAPBACK}> ('index.php?act=findpost&pid=373851')</div>
:huh: Nee maggies Steve-o watse k@k woorde boek het jy in die hande gekry, mens spel dit verskoon, so vra vir Jer1cho onverskoning :P[/b]

Jy bedoel seker om verskoning?

Sjoe, maar ek&#39;s bly om te sien hier&#39;s so baie Afrikaanses.

Steve-o
28-01-09, 01:19 PM
<div class='quotetop'>QUOTE (Jer1cho @ Jan 28 2009, 02:28 PM) <{POST_SNAPBACK}> ('index.php?act=findpost&pid=373887')</div>
Dis heel reg my broer! Ek vat dit maar as &#39;n straf dop vir jou as jy bietjie weer Super 14 met my hier by Ellis kom kyk! :P[/b]

As die Sharks daar is, is ek daar! En volgende keer gaan jy &#39;n lekker Natal hemp dra B)

Boggle
02-02-09, 04:03 PM
O my goeie hel, ek lag myself dood hier, net oor die manier hoe julle praat.
"swaar", "boet", "Koeksister" :lol:

Ek het nie geweet dat Afrikaans die jongste taal in die wereld is nie, dis nogals interressant, ek weet dis blykbaar die tweede grootste taal in SA na Zoeloe.

dawner
03-02-09, 01:27 AM
Ons is dun verspry maar ons is hier...

dawner
03-02-09, 01:28 AM
Dink hulle daar is enige kans dat &#39;n SA Super 14 span wen die jaar?

munross
03-02-09, 07:37 AM
Sjoe lyk my ons moet ñ afrikanse Stormers fan-club stug, die meeste ouens wat afrikaans praat hier is Stormers ondersteuners :cheers:

veniqe
04-02-09, 07:20 AM
<div class='quotetop'>QUOTE (Intercept King JdV @ Feb 3 2009, 10:37 AM) <{POST_SNAPBACK}> ('index.php?act=findpost&pid=375141')</div>
Sjoe lyk my ons moet ñ afrikanse Stormers fan-club stug, die meeste ouens wat afrikaans praat hier is Stormers ondersteuners :cheers:[/b]

Solank die klub nie stug is nie :P

Jer1cho
04-02-09, 07:57 AM
Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein!

munross
04-02-09, 08:04 AM
Iemand luister te veel "Tracker"(of was dit "Netstar") advertensies

Jer1cho
04-02-09, 08:28 AM
Ek moes dit doen. Kon nie anders nie. Is daar enige engels sprekende spelers in die Springbok span. Hierdie is wie ek dink is engels:

John Smit
Ryan Kankowski
Luke Watson
Percy Montgomerie
Bryan Habana (twee-talig vlot soos ek) - maar engels by skool.
BJ Botha
Peter Grant

Ek dink al die res is maar afrikaans. Wat se julle?

Steve-o
04-02-09, 09:26 AM
<div class='quotetop'>QUOTE (Jer1cho @ Feb 4 2009, 11:28 AM) <{POST_SNAPBACK}> ('index.php?act=findpost&pid=375399')</div>
Ek moes dit doen. Kon nie anders nie. Is daar enige engels sprekende spelers in die Springbok span. Hierdie is wie ek dink is engels:

John Smit
Ryan Kankowski
Luke Watson
Percy Montgomerie
Bryan Habana (twee-talig vlot soos ek) - maar engels by skool.
BJ Botha
Peter Grant

Ek dink al die res is maar afrikaans. Wat se julle?[/b]
BEAST!!!
Brian Mujati
Odwa and Akona Ndungane
JP Pietersen (klink of hy eintlik van die Kaap afkom)
Conrad Jantjes (twee-talig?)

Sir Speedy
04-02-09, 09:29 AM
Steve-o, you ARE going to speak some Afrikaans on a TRF Podcast if you ever get round to it. :rahh:

Steve-o
04-02-09, 09:40 AM
<div class='quotetop'>QUOTE (Sir. Speedy @ Feb 4 2009, 12:29 PM) <{POST_SNAPBACK}> ('index.php?act=findpost&pid=375412')</div>
Steve-o, you ARE going to speak some Afrikaans on a TRF Podcast if you ever get round to it. :rahh:[/b]

Haha, I&#39;ll try my best. I&#39;ve got a heavy South African-English accent when I speak it though.

I really want to do a podcast soon. I just need a mic! I think..

Jer1cho
04-02-09, 10:06 AM
Ek dink eintlik JP is Afrikaans. Hoerskool was Generaal Hertzog in Witbank. Afrikaanse Hoerskool.

Chavhanga is ook Engels.

Steve-o
04-02-09, 10:31 AM
En Butch James

munross
04-02-09, 04:40 PM
Die Amerikaners het vir Chuck Norris,
Die Franse het vir Chabal...en ons Afrikaners, vir wie het ons?........

Vergeet van hulle.....Ons het vir Riaan Cruywagen!!! :D :bravo: :bravo: :bravo: :bravo:

http://www.whoswhosa.co.za/Images/Photos/Cruywagen_Riaan.jpghttp://af.jonathancarter.co.za/wp-content/uploads/2007/11/cruywagen_blog.jpghttp://www.dieburger.com/Photos/DieBurgerMultimedia/Web/RichContents/Photos/2008-08-12/20080812141727842_BRWAG5--297x250.JPGhttp://3.bp.blogspot.com/_QA1FEi7nY88/RumUPh0FUhI/AAAAAAAAAOw/C8pPIVWo_eA/s400/riaancruywagen.jpg

Kyk sy hondjie, te vraai :D

http://www.cyberboer.co.za/wp-photos/thumb.20071021-132241-2.jpg

Ayubbokshark
02-08-09, 10:21 AM
haai ouens hoe u doen ek is nuwe van nelspruit. bokke ftw ...

Steve-o
20-04-10, 08:37 PM
http://www.makemelaugh.co.za/wp-content/uploads/2009/07/Bobojantjes-300x175.jpg

Ek moes net! lol

Intercept King JDV
20-04-10, 08:47 PM
Prysloos Steve-o!

Jamesf
26-05-10, 09:35 AM
Yes yes,kom daar n nuwe rugby uit?

Jamesf
26-05-10, 09:38 AM
flip die languages ouens,kom daar nou n nuwe rugby uit of nie

Steve-o
26-05-10, 10:30 AM
Rugby 2012 (http://www.therugbyforum.com/forum/forumdisplay.php?127-Rugby-2012) <<< Ja

Poezkaz
26-05-10, 11:17 AM
'n thread so na aan my hart.

Seker al oud...weet nie as julle japies al die "site" al gesien het nie? Dis kak snaaks, pdv bly maar die poes wat hy is.
http://www.zanews.co.za/

Steve-o
26-05-10, 01:48 PM
'n thread so na aan my hart.

Seker al oud...weet nie as julle japies al die "site" al gesien het nie? Dis kak snaaks, pdv bly maar die poes wat hy is.
http://www.zanews.co.za/

Haha! Ja hulle is maar goed. Ek kry net een video met PdV in, die Bakkies een. Is daar meer?

Bokbe4k
26-05-10, 04:07 PM
http://www.makemelaugh.co.za/wp-content/uploads/2009/07/Bobojantjes-300x175.jpg

Ek moes net! lol

Dis vrek snaaks,is dit Conrad daai,wat het van hom geword,hy het laas sy been gebreuk,het hy nog nie herstel nie of het hy opgehou met rugby?

Bokbe4k
26-05-10, 04:11 PM
En ek wou net se dit is lekker om afrikaans te praat op die site(weet nie wat dit in afrikaans is nie,seker web-tuiste)Hou so aan!

Steve-o
27-05-10, 02:04 PM
Dis vrek snaaks,is dit Conrad daai,wat het van hom geword,hy het laas sy been gebreuk,het hy nog nie herstel nie of het hy opgehou met rugby?

Ek het gehoor dat hy't 'n paar games na die einde van die Vodacom Cup gespeel, en goed deur gekom.

Intercept King JDV
27-05-10, 02:06 PM
Dis vrek snaaks,is dit Conrad daai,wat het van hom geword,hy het laas sy been gebreuk,het hy nog nie herstel nie of het hy opgehou met rugby?

Jap daai is Conrad, ek dink hy herstel nog van n besering...hoop hy sal gereed wees vir die Currie Beker die jaar!

Hy het vir my baie goeie rugby gespeel voordat hy die besering gekry het!

Poezkaz
04-06-10, 09:49 AM
En ek wou net se dit is lekker om afrikaans te praat op die site(weet nie wat dit in afrikaans is nie,seker web-tuiste)Hou so aan!

Ek neem dis gemik op my, webtuiste 'n kak woord, hulle kon 'n beter woord uigedink het. My afrikaans is ook nie meer so wat di wat nie, 9 jaar 'n pomie land kan mens goed opfok. :P

Yanchri
16-06-10, 12:35 PM
Nog 'n suid-afrikaner hier. Waaroor gesels ons ?

Jake Heke
16-06-10, 01:07 PM
He tino rereke ta koutou reo, engari me mau pumau ki ou tikinga matauranga!

Intercept King JDV
17-06-10, 08:30 PM
Nog 'n suid-afrikaner hier. Waaroor gesels ons ?
Wie dink jy gaan die jaar die Currie Beker wen?

He tino rereke ta koutou reo, engari me mau pumau ki ou tikinga matauranga!
huh???

Yanchri
18-06-10, 06:09 AM
Moeilik om te se. Dink die leeus sal beter doen as laas jaar. Die vrystaat en sharks sal kompiterend wees, WP sal die semi's haal, maar die bulle sal dit wen. Ongelukkig LOL!

Wat dink jy ?

Intercept King JDV
18-06-10, 04:59 PM
WP sal natuurlik wen...

...op papier:p
Maar ja, dink dis WP se jaar die jaar;)

TRF_Ezequiel
30-06-10, 12:52 PM
Ek is nie Afrikaans nie maar ek kan die taal n bietjie praat. My ex is Afrikaans en ek het n seuntjie in Suid Afrika die ek baie mis. Dis baie nice om Afrikaans te praat. Dit breng my in gedagtes terug na die tyd dat ek in Suid Afrika gebly het.

Ek moet oppas dat ek die taal nie vergeet nie want ek wil in 2011 terug SA toe gaan

tinchy17
27-07-10, 06:35 PM
Hallo vanique!

stormer2010
13-12-10, 09:16 AM
Noem my maar neef.

Ek is bly 2010 staan nou op einde se kant; 'n kak jaar vir Springbok rugby en sommer vir my persoonlik ook. WP/Stormers het goed gevaar, maar kon nerens knoop deurhaak nie. Ons probeer weer volgende jaar (soos elke jaar).

PROOOOOOOOOOOOOOVINCE!!

Seaton
30-12-10, 10:04 PM
Jou ma se kos...

gingergenius
30-12-10, 11:01 PM
not trying to troll but why does Afrikaans get to be called a language when forms of English, French and Spanish spoken around the world are accents or dialects?

TRF_Ezequiel
31-12-10, 12:45 AM
Because Afrikaans can not be seen as a dialect of Dutch, the language it is most similar to. The difference between the two is massive when you look at words, grammar and all.

Seaton
31-12-10, 07:11 AM
not trying to troll but why does Afrikaans get to be called a language when forms of English, French and Spanish spoken around the world are accents or dialects?

For exactly the same reasons why Scouse should be an official language

stormer2010
11-01-11, 11:08 AM
not trying to troll but why does Afrikaans get to be called a language when forms of English, French and Spanish spoken around the world are accents or dialects?

1 Because it is actually quite different and

2 the people speaking it don't consider themselves Dutch. At least myself and the Afrikaners/Boere I have dealt with don't for the most part.

3 Saying the people speaking an unique language can't call it what they want to takes away our right to self determination.

I have almost as much French and German ancestry (combined) as I do Dutch. Also some Scottish and Malaysian but that's beside the point. The language has changed just too much with its isolation from Dutch in SA and the myriad influences from Portuguese etc etc to be considered simply a dialect.

gingergenius
11-01-11, 01:47 PM

Sorry to hijack the topic and speak English, but I'm doing a linguistics degree and find language politics fascinating..

What is it that makes a language then?

Because, though you say it is quite different, I can go on youtube and see Charlize Theron (an Afrikaans speaker) being interviewed on Flemish (Dutch-speaking Belgians) TV, and speaking Afrikaans to the interviewer. This would imply that the two languages are mutually intelligible, which for example, English and Xhosa are not.

Whether the speakers consider themselves Dutch or not is irrelevant. 50 Cent is a native English speaker, despite the fact that he is American and has little to no English ancestry.

What I'm getting at here isn't a criticism of Afrikaans or even suggesting that it can't be called a language. It's just that there is no official definition of what a language is, and Afrikaans is one of the many dialects/ languages that exist in the periphary between a dialect and a language. In Scotland, where I am now, there apparently exists a language called Scots spoken my a few million people (auld lang syne etc.) which to me seems nothing more than a English spoken with Scottish accent, colloquialisms, and a few small changes in Grammar. If you listen to a dancehall track you'll hear something called Jamaican Patois, which is considered a mere dialect, although to me it is far more distinct than Scots.

Basically, this distinction can be summed up by one linguist's quote: 'Language is a dialect with an army and navy' - in other words peoples' speech tends to be grouped into 'languages' when the people themselves are organised into something like a nation.

Jansi_555
11-01-11, 06:40 PM
Lekker om bietjie Afrikaans te lees. Het self al gewonder hoe baie van ons daar is. . .

stormer2010
13-01-11, 06:40 AM

All valid but Afrikaans speakers consider themselves a nation/or rather a people apart even though we live in a country with us in the minority.

JJR
13-01-11, 07:36 AM
Hou gannit met al julle Afrikaaners??

My American uncle told me a joke yesterday...he said...Western promises...never come true...i found it quite funny coming from an American. Even they know what's crakin...Sharks eet leke Dinge...

bokkie
14-03-11, 07:32 PM
Ik spreek geen Afrikaans maar ik begrijpt een beetje :P

And yes it IS an awesome swearing language! WAT KYK JY?? JOU NAAI!!

JJR
15-04-11, 06:17 PM
Ik spreek geen Afrikaans maar ik begrijpt een beetje :P

And yes it IS an awesome swearing language! WAT KYK JY?? JOU NAAI!!

Vir seker...die beste taal vir 'n bietjie vuil taal...

heineken
13-09-11, 11:41 AM
http://www.youtube.com/watch?v=8KWUANVhF8c

Hierdie video is awesome!!

Sker
16-09-11, 04:59 PM
Sien nou eers jy het hom hier gepost, het hom daar in die Pool D thread ook gesit, ek stem 100% saam, AWESOME video! Is dit veronderstel om Brussouw te wees met die wit scrum kep wat hulle hom bewerk met 'n boor?

Uitstekende mvid, love die lyrics. Wessels op sy beste

Poezkaz
16-09-11, 05:47 PM
ja boeties, Afrikaans is the language that brought us classic phrases like, "Jou ma se poes" and "Jou fokken dom doos." It is the most beautiful language in the world and one of the newest also. It is spoken by the white and coloured tribes in Southern Africa. It is also spoken in the new South? African colonies of Perth, Auckland and London.

Dat ek dit soe stel daai Fijiaane gaan more klippe kou! :cool:

Sker
17-09-11, 09:51 PM
Dis 'n awesome taal, maar ek hou nou nie baie van daai worod nie, al gebruik ek hom self partykeer as 'n bui my op my gat steek of die hond my kos steel ;)

heineken
27-09-11, 07:10 AM
Hier's vir julle 'n lekker afrikaanse rugby grappie!

'n slot en 'n scrumskakel sit langs mekaar in 'n kroeg. altwee sit rustig en geniet hul bier of 7... na 'n ruk stamp die slot per ongeluk die scrummie...

Die scrummie hak af en sê vir die slot: "Klein Botteltjie, Groot Gif!!!"...

Die slot sit ewe rustig, kyk die scrummie stip in die oë en sê: "Boet, ek gaan jou nie drink nie, ek gaan jou hard poes!"

Sker
12-03-12, 06:10 PM
http://www.youtube.com/watch?v=aJW76FnaU_Q

Fokken vroumense kan almal gaan kak

Gena_ZA
12-04-12, 12:57 PM
Sien nou eers die seksie na n paar admins en users hul period gehad het op die Super ruugby seksie

Anycase iets vir my Blu Bul vrinne:

een Baba tune die ander een - "Ek is tog 'n Blou Bul baba""
"Nooit, hoe weet jy dan" sê die ander een
"Check hier, ek het pienk sokkkies aan" se hy trots

"

heineken
12-04-12, 01:05 PM

HAHA

skerp!

ek geniet actually hierdie pienk jokes... hoe sê Hannon Bothma altyd: "Dit vat 'n regte man om pienk te dra"!

TRF_Cymro
12-04-12, 01:19 PM
Sien nou eers die seksie na n paar admins en users hul period gehad het op die Super ruugby seksie

Anycase iets vir my Blu Bul vrinne:

een Baba tune die ander een - "Ek is tog 'n Blou Bul baba""
"Nooit, hoe weet jy dan" sê die ander een
"Check hier, ek het pienk sokkkies aan" se hy trots

"

Jy besef ons sal die matigende word hierdie gedeelte ook as ons met almal van die forum. Respek personeel en die forum reëls asseblief.

heineken
12-04-12, 01:21 PM
Jy besef ons sal die matigende word hierdie gedeelte ook as ons met almal van die forum. Respek personeel en die forum reëls asseblief.

Good try, but the bold sentence makes no sense at all... can you type it in English so that we can translate that for you??

TRF_Cymro
12-04-12, 01:22 PM
Was just saying- You do realise we will be moderating this section also as we do with all of the forum. Respect staff and the forum rules please.

stormer2010
12-04-12, 01:36 PM
Badgena, jy bhedoel sehker hulh mahnstondes?

Ehk shl wigl sihen wath Google translate kain doeh as ekk soe hie en daah bietjie kak maak meth Afrikaanse spellhing.

Gena_ZA
12-04-12, 01:40 PM
"Jy besef ons sal die matigende word hierdie gedeelte ook as ons met almal van die forum" give me the English mate, this does not compute

And yes, will respect all and sundry

Gena_ZA
12-04-12, 01:42 PM
Ignore, previous post please, saw you replied already on this

heineken
12-04-12, 01:43 PM
Was just saying- You do realise we will be moderating this section also as we do with all of the forum. Respect staff and the forum rules please.

Translated: Jy weet, ons sal hierdie afdeling ook modereer soos wat ons doen met die hele forum. Respekteer staf en die forum se reëls asseblief.

Gena_ZA
12-04-12, 01:46 PM
Badgena, jy bhedoel sehker hulh mahnstondes?

Ehk shl wigl sihen wath Google translate kain doeh as ekk soe hie en daah bietjie kak maak meth Afrikaanse spellhing.

O my goeie vy, sien hier gaan ek nog lekker lag

Ek dink die Bulle was moer gelukkig om die Crusaders te trap Saterdag, kyk hulle het terug gekom met 'n gejuig, baie bly hulle kon dit deurtrek.
Jammer al die vingerwys en aantuiginbgs na die tyd, dit ontsuur alles
Sê my asb, nog nie tyd gehad om die reel te gaan opkyk nie, daai laaste strafskop toe Carter ons verdeiger ge semi blok het, het die Crusdaders 'n punt beet as hul sê maar hy was dan agter die bal?
Ek weet nie, hy het dan die ou gekeer om by die baldraer uit te kom, en dis logiese obstruksie, die reel mag dalk tegnies anders se, maar dit was reg geblaas in my opinie

Wat seg julle daaroor?

heineken
12-04-12, 01:48 PM
Badgena, jy bhedoel sehker hulh mahnstondes?

Ehk shl wigl sihen wath Google translate kain doeh as ekk soe hie en daah bietjie kak maak meth Afrikaanse spellhing.

Onsj kanth altydh dronkiehie afrikaansj praath en hoop dat iemand soosh TRF_Ezequiel nie onse game weg gee nie

Jis ek lag nou lekker op Google Translate:
ek spyker dose in die hol elke dag = nail the hollow boxes in each day

Bwahahahaha!!

heineken
12-04-12, 01:51 PM
O my goeie vy, sien hier gaan ek nog lekker lag

Ek dink die Bulle was moer gelukkig om die Crusaders te trap Saterdag, kyk hulle het terug gekom met 'n gejuig, baie bly hulle kon dit deurtrek.
Jammer al die vingerwys en aantuiginbgs na die tyd, dit ontsuur alles
Sê my asb, nog nie tyd gehad om die reel te gaan opkyk nie, daai laaste strafskop toe Carter ons verdeiger ge semi blok het, het die Crusdaders 'n punt beet as hul sê maar hy was dan agter die bal?

kyk, in my eerlike opinie maak dit nie saak waar Carter was teenoor sy mede-speler nie, voor, agter, langs... volgens my was hy tussen die baldraer en die verdediger en dus obstruksie het plaasgevind... Hy het opsetlik gekeer dat die verdediger by die baldraer kon uitkom... moer tegnies ja, maar ek dink dit was tog regverdig
Ek weet nie, hy het dan die ou gekeer om by die baldraer uit te kom, en dis logiese obstruksie, die reel mag dalk tegnies anders se, maar dit was reg geblaas in my opinie

Wat seg julle daaroor?

kyk, in my eerlike opinie maak dit nie saak waar Carter was teenoor sy mede-speler nie, voor, agter, langs... volgens my was hy tussen die baldraer en die verdediger en dus obstruksie het plaasgevind... Hy het opsetlik gekeer dat die verdediger by die baldraer kon uitkom... moer tegnies ja, maar ek dink dit was tog regverdig

stormer2010
12-04-12, 01:57 PM

Nee, slimkoekie praat kak. Hy sal in een oomblik die skeidregter toelaat om logiese interpretasies te maak (wanneer dit hom pas) en die volgende die letter van die wet aanhaal om duidelike negatiewe spel te regverdig weereens soos dit hom pas. Die poes pas poepas die wet toe nes dit hom pas, kan jy maar se.

stormer2010
12-04-12, 01:59 PM
kyk, in my eerlike opinie maak dit nie saak waar Carter was teenoor sy mede-speler nie, voor, agter, langs... volgens my was hy tussen die baldraer en die verdediger en dus obstruksie het plaasgevind... Hy het opsetlik gekeer dat die verdediger by die baldraer kon uitkom... moer tegnies ja, maar ek dink dit was tog regverdig

Ja, definitief opsetlik met die verdediger ingemeng; sy skouer gesak en arm bietjie uitgesteek. Net genoeg om miskien daarmee weg te kom. Slingse bliksem wat hy is.

Gena_ZA
12-04-12, 02:11 PM
stem saam met julle

heineken
12-04-12, 02:25 PM
Horie manne, ons moet meer hier op die afrikaanse hoekie vir eensames kom klets... ekt nou so lekker gelag vir slimkoekie se poespas toepas prosedure!

stormer2010
12-04-12, 03:00 PM
Ja-nee, kyk.

Gena_ZA
13-04-12, 08:28 AM
Se vir Shosoloza as jul hom iewers sien post, link hom hierheen
Groot pel van my

Nou moet die Sharks net die Blues goed opslet in die 2de helfte

***EDIT*** Het Henco gou gemail oor ons spesiale plekkie in die son :)

Gena_ZA
13-04-12, 09:19 AM
lekkkkkker Sharkies

stormer2010
13-04-12, 10:22 AM
Sharks lyk goed met bal in die hand, maar hulle kan leer by the Stormers oor hoe om druk op die opposisie in verdediging te sit. Dit het klaar beter gelyk as verlede week en teen die Waratahs. maar kort nog werk. Ek weet 'n ou soos Ranger is moeilik om plat te trek, maar vir hom om drie verdedigers te klop, staande.. dis werk net nie so nie. En ophou dom foute te begaan, alhoewel die Blues net so skuldig was vandag, veral met hanteerfoute.

Nou moet die Stormers en Cheetahs net hul wedstryde wen dan is die SA konferensie voor op hierdie stadium. Kan net goeie goed beteken vir die Bokke.

heineken
13-04-12, 10:27 AM
Dit was seker die eerste keer in Geskiedenis dat Steve Walsh, so kak soos wat hy is, 'n SA span help om kak te blaas en sodoende 'n NZ span te wen...

As ek 'n Blues ondersteuner was sou ek 'n klein Malema'tje gekak het!!

Shosoloza
13-04-12, 10:38 AM
Se vir Shosoloza as jul hom iewers sien post, link hom hierheen
Groot pel van my

Nou moet die Sharks net die Blues goed opslet in die 2de helfte

***EDIT*** Het Henco gou gemail oor ons spesiale plekkie in die son :)

Thanks Genna, Dit klink sommer baie beter. Daai klomp britte raak sommer lekker suur oor die koningin se taal.

Sharks het Blues gewen en ek glo die Stormers kan môre die Saders pak gee. Ek hoop net die cheetas gee chiefs ook pak, dan gaan jy hoor hoe kerm daai klomp NZ. As dit by rugby kom is hulle seker die slegste verloorders wat ek nog gesien het. Onthou nog die Suzie geval?

Shosoloza
13-04-12, 10:47 AM
Horie manne, ons moet meer hier op die afrikaanse hoekie vir eensames kom klets Ek kan jou wed daai ander klomp beskuldig ons dat ons nou weer laer trek.

Ek sal egter versigtig wees as ek hulle is. Die laaste keer toe ons regtig laer getrek het, het 300 van ons 3000 van die vyand lekker opgefok. Eintlik behoort hulle te hoop ons trek nie laer nie.

Sker
13-04-12, 10:49 AM
Manne, ek wil net vir julle se dat ek dink dis onregverdig dat al julle Bull outjies die "pienk koeie" noem.

Ek dink meer daaraan as 'n inter-vaginale ligroos kleur.

Shosoloza
13-04-12, 10:51 AM
Dit was seker die eerste keer in Geskiedenis dat Steve Walsh, so kak soos wat hy is, 'n SA span help om kak te blaas en sodoende 'n NZ span te wen...

As ek 'n Blues ondersteuner was sou ek 'n klein Malema'tje gekak het!! Walsh is mos nou eintlik 'n ausie. Ek ken nie die hele storie nie, maar hy en die rugby base in NZ het bietjie van 'n uitval gehad en toe wip hy hom en gee pad. So ek dink dis bietjie payback time of hy voel nog skuldig vir 2007 se finaal toe hy Derick Kuun se steel gemis het wat tot Habana se drie gely het. :lol:

Shosoloza
13-04-12, 10:56 AM
Manne, ek wil net vir julle se dat ek dink dis onregverdig dat al julle Bull outjies die "pienk koeie" noem.

Ek dink meer daaraan as 'n inter-vaginale ligroos kleur. He He, ek voel nou baie beter oor die pink. Ek dink ek gaan sommer nou vir my 'n pink trui koop. :D

So gepraat van vaginale ligroos. My seun wat nou in gr 10 is kom gisteraand na my en vertel die volgende grap: Het pa gehoor jy kry nou kondome met 'n simkaart. As jy nie kan kom nie kan jy darem bel :lol: My vrou sukkel om die humor hierin te sien en is hoogs bekoomerd oor haar seun.

heineken
13-04-12, 10:56 AM
Ek kan jou wed daai ander klomp beskuldig ons dat ons nou weer laer trek.

Ek sal egter versigtig wees as ek hulle is. Die laaste keer toe ons regtig laer getrek het, het 300 van ons 3000 van die vyand lekker opgefok. Eintlik behoort hulle te hoop ons trek nie laer nie.

Die mees onlangse geval was in 2009 B&I Leeus, 2de toets, Loftus Versveld (ek was daar)... toe Schalla blykbaar perongeluk vir iemand op die hoofpawiljoen gewaai het, en daardeur so 'n groot lugvibrasie geskep het dat die naaste ou (so bleek vleuel met 'n rooi trui) se oogbank miraculously oopgekloof en toe kry hy 'n gele vir 10 minute na 30 sekondes in die wedstryd.

Bakkies strip toe sy moer so groot dat hy 'n wettiglike skoonmaak op daai vet fokker met baie hare van Wallis toepas die arme kont se ou armpie breek, wat gely het dat die hele noordelike halfrond hulle beste panties bekak en dat al ons manne daai swart armband dra...

Hulle sal kak!

Sker
13-04-12, 11:02 AM
Iemand het vanoggend in Heineken se pap gekak. Pasop, hy gaan 'n ding nou sleg opfok daar by die werk ;)

Shosoloza, ek was 3 jaar terug in graad 10. Op daardie stadium loop ons so oor van hormone ons dink net aan tiette, so moenie verbaas wees as sy punte ook sleg is nie.

My pa vertel gisteraand vir my die grappie:

Jannie wil graag he dat Sannie, sy meisie, by hom moet le die aand (as julle weet wat ek bedoel) maar sy wou nie rerig nie. Sy gaan vra toe vir haar ma wat om te doen.
Haar ma gee vir haar die volgende raad. "My kind, gaan le by hom, maar voor die tyd gaan koop jy vir jou 'n lekker skaap lewer dan hou jy hom daaronder wanneer jy by hom gaan le"

Sannie doen dit toe, en die tweetjies gaan le toe die aand saam op die bank, net voor dinge interessant begin raak, hoor hulle Sannie se pa by die huis inkom. Jannie spring blitsvinnig by die venster uit.

Sannie groet haar pa en se vir hom nag, toe hy die lig afsit hoor sy vir Jannie teen die venster tik. Hy fluister vir haar "Ek sien jou weer later, en oja, as jy in die nag wil gaan pis, ek sit jou doos op die vensterbank neer"

Ek was verbaas dat my pa dit vir my vertel het... MY pa van alle mense. Rustige kerkraad en ouderling omie...

Shosoloza
13-04-12, 11:08 AM
Shosoloza, ek was 3 jaar terug in graad 10. Op daardie stadium loop ons so oor van hormone ons dink net aan tiette, so moenie verbaas wees as sy punte ook sleg is nie.

Wel, sy punte is bietjie af. Dink jy ek moet in sy kamer gaan rondkrap vir iets verdag. Waar het jy die goed weggesteek? :)

Solank dit ook net bly by tiete is dit nog okey.

Sker
13-04-12, 11:16 AM
Onder my matras, kyk daar. Se vir hom as die Liewe Vader wou gehad het ons moes met meisies slaap voor die huwelik, sou hy nie vir ons hande gegee het nie. Dis wat my dominie vir my gese het.

Gena_ZA
13-04-12, 12:08 PM
Wel, sy punte is bietjie af. Dink jy ek moet in sy kamer gaan rondkrap vir iets verdag. Waar het jy die goed weggesteek? :)

Solank dit ook net bly by tiete is dit nog okey.

Solank hulle net nie rook nie hoor!

heineken
13-04-12, 12:27 PM
Iemand het vanoggend in Heineken se pap gekak. Pasop, hy gaan 'n ding nou sleg opfok daar by die werk ;)

Shosoloza, ek was 3 jaar terug in graad 10. Op daardie stadium loop ons so oor van hormone ons dink net aan tiette, so moenie verbaas wees as sy punte ook sleg is nie.

My pa vertel gisteraand vir my die grappie:

Jannie wil graag he dat Sannie, sy meisie, by hom moet le die aand (as julle weet wat ek bedoel) maar sy wou nie rerig nie. Sy gaan vra toe vir haar ma wat om te doen.
Haar ma gee vir haar die volgende raad. "My kind, gaan le by hom, maar voor die tyd gaan koop jy vir jou 'n lekker skaap lewer dan hou jy hom daaronder wanneer jy by hom gaan le"

Sannie doen dit toe, en die tweetjies gaan le toe die aand saam op die bank, net voor dinge interessant begin raak, hoor hulle Sannie se pa by die huis inkom. Jannie spring blitsvinnig by die venster uit.

Sannie groet haar pa en se vir hom nag, toe hy die lig afsit hoor sy vir Jannie teen die venster tik. Hy fluister vir haar "Ek sien jou weer later, en oja, as jy in die nag wil gaan pis, ek sit jou doos op die vensterbank neer"

Ek was verbaas dat my pa dit vir my vertel het... MY pa van alle mense. Rustige kerkraad en ouderling omie...

Ja nee fok, 'n donker pigment, black label aangedrewe, houtie weet hoe om 'n mens se vrydag op te fok!

Maar eks nou in 'n beter bui. net om julle in te lig, ek gaan more aand die Bulls game op my Drifta en Ipod moet kyk want dis my Meisie se 21st party en tipies fokken vroumens het sy nou 'n venue gekies wat nie 'n tv in die bar het nie!!

Gena_ZA
13-04-12, 01:00 PM
eina, educate haar asb as jy met haar wil trou, vra ons lank getoudes maar, jy moet hul vroeg reg skool.

As ek teen 'n Dionderdag nog nie 'n rugby braai by my gereel het nie vra sy deesdae of ons vir X en X wil oornooi nie dat ek nie die games alleen hoef te kyk nie <- read well trained here

Shosoloza
13-04-12, 01:07 PM
Solank hulle net nie rook nie hoor!

Ja-nee, as ek hom vang rook gaan hy bars.

Shosoloza
13-04-12, 01:17 PM
Maar eks nou in 'n beter bui. net om julle in te lig, ek gaan more aand die Bulls game op my Drifta en Ipod moet kyk want dis my Meisie se 21st party en tipies fokken vroumens het sy nou 'n venue gekies wat nie 'n tv in die bar het nie!!

Maar dis mos haar party jy hoef mos nie daar te wees nie.

Dit is soos Gena sê, leer hulle vroeg. My broer se laatie word môre 18 en toe skoonsus met vrou die reëlings tref vra my vrou haar of daar 'n TV is waar ek kan rugby kyk en nie net vir die Bulls game nie, die cheetas/ chiefs ook. My familie is nie so erg oor rugby soos ek nie (ek weet, ek weet, maar verder makeer hulle niks) maar hulle weet nou al as hulle wil kuier of party in die rugby seisoen moet hulle so reël dat ek ongehinderd kan rugby kyk.

Ek moet kort-kort hoor hoe maak ek 'n afgod van rugby.

heineken
13-04-12, 01:24 PM

jy moes sien hoe het haar pa in sy broek gekak toe hy hoor daar's nie 'n tv nie!! Hy't nou vir ons 'n portable DSTV ge-organise en 'n 42 inch tv... sorted!!

terwyl die girls al daai emosionele kak praat sal ons sit en kyk hoe die Bulle die Leeus opfok soos wat hulle met die Reds gemaak het...

Gena_ZA
13-04-12, 01:41 PM
lekkkkkker man

stormer2010
13-04-12, 05:59 PM
Ek sien die Boere praat weer lekker kak sonder my hier.

Ek dink die Sharks hoef nie sleg te voel oor enige beslissing wat Steve Walsh hulle in onregmatig bevoordeel nie; hulle het al genoeg aan die kort end getrek met sy kak. Was dit nie hoeka die ene Walsh wat so 'n jaar of twee terug die Sharks fokkol gegee het toe Beale (nog by die Waratahs) 'n seker drie gekeer het deur die bal af te klap nie en so hul laat verloor het? Nou met die Stormers en Cheetahs ook net mors met die Kiwi spanne en ek sal 'n gelukkige man wees deur die loop van volgende week.

So 'n paar homofobiese grappies;

Q: Wat is die verskil tussen 'n vrieskas en 'n moffie?

A: Die vrieskas poep nie wanneer jy die vleis uithaal nie.

Q: Hoekom is 'n budgie en 'n moffie so eenders?

A: Albei sit met 'n bek vol saad en se stokkie is vol stront.

Shosoloza
16-04-12, 06:45 AM
Ek sien die Boere praat weer lekker kak sonder my hier.

Nee, sover het ons nog net intelligente gesprekke gevoer, maar noudat jy hier is kan ons begin kak praat. Hoe gaan dit in die kaap? :lol:

So van kak gepraat, julle span is gerook saterdag. Crusaders was baie onkant gewees en moes baie meer gestraf gewees het.

Gena_ZA
16-04-12, 07:35 AM
Stormers game het my afgepis, Peter Grant wat speel vir gebiedsvoordeel met 8 minute oor en die Stormers moet 2 keer punte aanteken - sotlik dom gewees.
Ja, bad luck as jou twee slotte seerkry, dis maar die game. Andries is uit vir 'n rukkie - dalk goed dat hy kan rus en Ebenis nie ernstig nie.
Ook nie te bad dat die manne vir 'n slag een verloor het nie. Stormers sal moet oplet na hul lack aan bonus punte...

Bulle het goed gewen, dog hulle kon 30 punte op die Welpies sit, CJ Stander was kookwater

heineken
16-04-12, 07:52 AM

Het net daai 8 minute highlights gesien van al die games die naweek. kan julle dalk aan my verduidelik hoekom is die Stormers nogsteeds bo die bulle as hulle altwee ewe veel punte het, maar die bulle het meer op die punte verskil kolom?? is dit omdat die stormers een meer wedstryd gewen het?

Shosoloza
16-04-12, 07:59 AM

Dit werk nou so: waar spanne gelyk is gaan dit eers oor aantal westryde gewen. As hulle daar ook gelyk is gaan dit oor wie het die game tussen die 2 gewen. As dit daar ook gelyk is, m.a.w. bulle en stormers het elkeen een teen mekaar gewen, dan kom punte verskil eers ter sprake.

Gena_ZA
16-04-12, 08:00 AM
yes dis hoekom

Shosoloza
16-04-12, 08:02 AM
Het net daai 8 minute highlights gesien van al die games die naweek.

Hoe so? Moenie vir my sê jou girl se 21ste het voorkeur bo rugby gekry nie? :eek: Groot fout. Die een gaan terugkom en jou nog byt. :rolleyes:

heineken
16-04-12, 08:06 AM
Hoe so? Moenie vir my sê jou girl se 21ste het voorkeur bo rugby gekry nie? :eek: Groot fout. Die een gaan terugkom en jou nog byt. :rolleyes:

Haha dit het!! Maar die kak was, die sein was te sleg om die games op te vang.

Iets te doen met die ysterberge hier naby die steenbokskeerkring tussen Pietersburg en Louis Trichardt...

Shosoloza
16-04-12, 09:00 AM
Haha dit het!! Maar die kak was, die sein was te sleg om die games op te vang.

Iets te doen met die ysterberge hier naby die steenbokskeerkring tussen Pietersburg en Louis Trichardt...

Ja ek ken daai wêreld. Is gebore en was my hele skoolloopbaan in Pietersburg. My ouers was tot nog so 5 jaar terug daar, maar is ook nou hier in Pretoria by al die kinders en kleinkinders.

Gena_ZA
16-04-12, 09:03 AM
Sê my, wat nou gemaak met JJ, hy was baie goed op senter gewees maar Sadie is die man vir die posisie in die long run...

Bull
16-04-12, 09:15 AM
Na die naweek moet JJ nog 'n kans kry op 13. Oor'n paar jaar gaan die Bulle dalk nog 'n kopseer op 13 hê want Jerome Pretorius lyk baie goed!

Gena_ZA
16-04-12, 09:21 AM
nee wat, oor 2 jaar is beide JJ en Sadie terug by die Stormers ;)

heineken
16-04-12, 09:42 AM
wel, as ek so kyk na die verlede laat hierdie my baie dink aan die dae toe die Bulle Springbok senters opgelewer het (ja dit was fokken lank terug) Andre Snyman die laaste een van daardie groep, en die tragiese einde van Ettienne Botha (wat in my opinie een van die beste senters ooit was)!

net soos die Victor/Danie/Bakkies/Flip situasie, sal Wynand/JJ/Sadie/Venter elkeen optimaal gebruik word en bewys wat in hulle broeke sit... Ndungane en Basson gaan ook een of ander tyd gerus moet word...

stormer2010
16-04-12, 10:04 AM
Ek hoor Heynecke Meyer wil Matfield, Rossouw, FdP, Steenkamp en wie nog uit retirement en semi-retirement uit bring vir die Bokke. Ek is so geskok ek weet nie eers wat om te dink nie. Ek sal nie eers verbaas wees as hy Gary Botha en Derrick Hougaard ook invoer en beide Bismarck en ons hele lot jong losskakels befok raak en fokof Europa toe nie. Ek was bang Meyer se aanstelling is 4 jaar te laat en lyk my hy wil die job optel asof dit 2008 is.

Gena_ZA
16-04-12, 10:11 AM
1701

Gena_ZA
16-04-12, 10:13 AM
Jy lees die media is dis jou fout - dis alles bog en stront stories
Wag dat dit gebeur voor ons oordeel

Die Burger en Rapport moet skuld dra van 80% van die kak rumours wat altyd in SA rondloop

Gena_ZA
16-04-12, 10:21 AM
Heyneke het wel genoem hy is bekommerd oor die slotte en die nuwe beserings - dis logies, ek sou ook en omdat Matfield so in die nuus is is dit nou 'n uitgemaakte saak dat hy die Bok kaptein teen Engeland gaan wees.
FdP is jonk genoeg om uit semi retirementment te kom, hoop net nie hy is so useless soos die afgelope 2 jaar nie
Die res is kakpraat in my opinie

heineken
16-04-12, 10:29 AM
Ja nee bliksem, helfte van daai koerant berigte is net vir Sensasie.

Fourie Du Preez is nou eers 30!! dis wanneer party manne eers hul debuut maak vir seker spanne (Mike Hussey was 32 toe hy die eerste keer vir die konte in 'n toets wedstryd gespeel het).

Ek het gesien hy is in die land, het lekker langs Wynand Olivier gesit by die Varsity Cup Final

stormer2010
16-04-12, 10:37 AM
So watse tipe span dink julle kan ons na uitsien vir teen die Souties? Iets soos;

1 Guthro Steenkamp
2 Bismarck du Plessis
3 Jannie du Plessis
4 Danie Rossouw
5 Victor Matfield (c)
6 Heinrich Brussow
7 Schalk Burger
8 Pierre Spies
9 Fourie du Preez
10 Morne Steyn
11 Francois Hougaard / Gio Aplon / Bjorn Basson
12 Francois Steyn
13 Jaque Fourie
14 JP Pietersen
15 Patrick Lambie / Riaan Viljoen / Joe Pietersen

16 Chiliboy Ralepele / Adriaan Strauss
17 Dean Greyling / Tendai Mtawarira
18 Flip van der Merwe
19 CJ Stander / Willem Alberts / Jacques Potgieter
20 / 21 Ruan Pienaar / Francois Hougaard / Johan Goosen / Patrick Lambie
22 Juan de Jongh / Gio Aplon / Zane Kirschner / Riaan Viljoen / Joe Pietersen

Bull
16-04-12, 10:39 AM
Ek sien Alistair Hargreaves het vir Saracens geteken, hy is anyway tos.

Gena_ZA
16-04-12, 10:40 AM
dink jou post is sarkasties en gekonsentreerd op jou rumours van manne terugbring so ek gaan nie eers die effort doen om te comment nie
Gooi 'n decent en logiese span en ek sal

stormer2010
16-04-12, 10:45 AM
dink jou post is sarkasties en gekonsentreerd op jou rumours van manne terugbring so ek gaan nie eers die effort doen om te comment nie
Gooi 'n decent en logiese span en ek sal

Nee, ek is ernstig. Duidelik is hy van plan om redelik konserwatief te wees as Matfield, FdP seker is en Steenkamp, Rossouw, Steyn en Fourie in die land is om met hom te praat en te oefen.

As ek nou moes 'n span kies met die oog op wen en terselfdertyd vorm en ervaring probeer bymekaarbring... ook, daar gan fokkol tyd wees so ek sal probeer na ervaring en bestaande kombinasies leen;

1 Steenkamp (maar net vir 2 toetse dan bring ek Greyling in)
2 du Plessis
3 Kruger
4 Etzebeth (nuweling in die beginspan, maar ek dink hy verdien dit)
5 Matfield (siende dat hy vas is en Bekker so broos soos fok is)
6 Burger
7 J Potgieter
8 Vermeulen
9 Fourie du Preez
10 P Lambie
11 F Hougaard
12 F Steyn
13 Fourie
14 JP Pietersen
15 J Pietersen

Vermeulen en J Pietersen is nuut, maar ek sien hulle as ervare. Lambie en Hougie albei jonk, maar redelik ervare in Bok rugby en dan is Etzebeth en Potgieter twee nuwelinge wie ek sou in die diep kant ingooi met vertroue.

16 Pat Cilliers
17 Strauss
18 J Kruger
19 CJ Stander
20 P Van Zyl
21 J Goosen
22 G Aplon

heineken
16-04-12, 10:46 AM
Ek sien Alistair Hargreaves het vir Saracens geteken, hy is anyway tos.

Ja nee fokkit! was daai slapkak nou overrated!!

ek dink julle kyk vir Heyneke baie vlak!

Gena_ZA
16-04-12, 11:13 AM
1 D Greyling - WP Nel
2 A Strauss - B du Plessis
3 C Oosthuizen - P Cilliers
4 E Etzebeth - F v/d Merwe
5 A Bekker - J Kruger
6 H Bussauw - CJ Stander
7 S Burger- M Coetzee
8 P Spies - N Koster
9 F Hougaard - P van Zyl
10 J Goosen - P Lambie
11 B Habana - B Basson
12 F Steyn - J de Villiers
13 J de Jogh - JP Pietersen
14 Gio Aplon - JJ Engelbrecht
15 J Pietersen - R Viljoen

Gebasseer op my siene van huidige form. top 2 spelers in elke posisie
Het die volgende ignoreer:
Kombinasies, oorsese spelers behalwe Frans Steyn
Rumours oor wie terugkom en nie

Elke week verander die na aanleiding van die naweke se games, maar ek like om dit op hoogte te hou

heineken
16-04-12, 11:41 AM

Ek kan nie veel fout sien in daai span nie behalwe ek sal vir Nick Koster omruil met "can you tackle Duane Vermeulen"...

Gena_ZA
16-04-12, 11:56 AM
Duanne pis my net eenvoudig af, hy is meer betrokke by off the ball stuff as wat hy die game speel
Kak atitude en sadly is dit ook by die du Plessis broers teenwoordig.
Hoop nie J Potgieter raak ook so nie, dis 'n strik waarin die spelers val wat baie aggresief speel

stormer2010
16-04-12, 12:09 PM
Wat? Ek kan nie dink dat Duane ooit 'n strafskop afgestaan het weens dissipline nie. Hier en daar vir nie wegrol nie of die ref dink dalk hy was van sy foete af, maar dis deel van sy rol in die Stormers. Hy bring daai bietjie hardekwasheid wat elke span nodig het. Bismarck is orraait as iemand nie met hom kak soek nie, maar Jannie vat dit te ver.

stormer2010
16-04-12, 12:15 PM
LOL, kyk vir my met "foete". Dis van te fokken veel sukkel met die Ingels.

Kyk 'n bietjie na hierdie draad met 'Google translate'; dis skreeu snaaks.

"He brings that little hard brush unit every team needs. Bismarck's okay if someone does not look shit with him, but Johnny take it too far."

Gena_ZA
16-04-12, 12:27 PM
lol

tov Duanne, check uit hoeveel keer hy iemand rondruk of probeer twee voet onder die grond druk terwyl die spel reeds aangegan het.
Hy is nes Bismark, maak hul kwaad en dan vat jy hul aandag weg van die game af.
Jannie is die stupidste dokter wat ooit nog rugby gespeel het, hy moet ver wegbly van die Bokke af

heineken
16-04-12, 02:07 PM
Ek stem saam oor Jannie... hoe hy ooit die mediese eksamens geslaag het, sal net die ANC weet...

Duane is 'n enforcer en hy doen dit blerrie goed, eks seker Heyneke sal hom dissipline leer...

Sker
16-04-12, 02:16 PM
Nee ouens rerig.

Spies en Matfield?

Matfield staan en praat net kak op die kantlyn. Spies staan en praat net kak op interviews na die Bulle verloor het.

Ek wil graag vir Goosen 'n speelkans kry, anders vir Lambie op 10. Defnintief ook vir Robert Ebersohn daar in die agterlyn sien, hy het goed gespeel teen moer goeie opposisie as jy kyk na die chiefs game. Anders kan ons ou staatmakers soos Jacque en de Jongh probeer, maar fokkit de Jongh wil nie pass nie en Fourie raak oud.

Met die voorspelers is ek nie seker nie, ek weet net asseblief nie Spies nie. Bismarck of Adriaan kan haker speel.

Bull
17-04-12, 07:02 AM
Sien JDV het 'n hand besering en dat hy uit gaan wees vir 'n hele ruk, nou het die Stormers kak!

heineken
17-04-12, 07:07 AM
Sien JDV het 'n hand besering en dat hy uit gaan wees vir 'n hele ruk, nou het die Stormers kak!

Ek sien hierdie as 'n pluspunt... nou kan JDJ binnesenter speel waar hy hoort in my opinie, skuif vir Habana na 13 en laat appels en skaduwee op die vleuels rondhang...

Wag hoor julle dit?? Dis Wynand Olivier, hy klop aan die springbok deur alweer!! ek fokken hoop nie so nie!!

Gena_ZA
17-04-12, 07:25 AM
Gee meer woema aan die idee dat F Steyn moet terugkom SA toe en die 12 Boktrui syne maak
Soos Heineken se, maak JdJ weer 12 waar hy hoort en probeer die jong senter JP du Plessis uit
Los Habana op vleuel, hy het 'n goeie seisoen daar

heineken
17-04-12, 07:38 AM

kyk, ek is nogsteeds 'n groot Habana Fan, al het hy die Bulls verlaat vir die Vyand...

Ek dink net, vir hom om sy Springbok-raklewe te verhoog, sal hy moet begin dink aan 'n skuif... net soos wat Stirling Mortlock, en Tana Umaga gedoen het.

stormer2010
17-04-12, 08:00 AM
Ek sien hierdie as 'n pluspunt... nou kan JDJ binnesenter speel waar hy hoort in my opinie, skuif vir Habana na 13 en laat appels en skaduwee op die vleuels rondhang...

Wag hoor julle dit?? Dis Wynand Olivier, hy klop aan die springbok deur alweer!! ek fokken hoop nie so nie!!

Gee meer woema aan die idee dat F Steyn moet terugkom SA toe en die 12 Boktrui syne maak
Soos Heineken se, maak JdJ weer 12 waar hy hoort en probeer die jong senter JP du Plessis uit
Los Habana op vleuel, hy het 'n goeie seisoen daar

Ek sal weer 'n heel ander ding wil sien met De Villiers wat uit is. Hoe ek die Stormers wil sien met ons huidige beserings;

1 Kitshoff
2 Liebenberg
3 Harris (fok, ek hoop die Leeus val uit S15 dat ons Cilliers kan koop!)
4 Elstadt
5 Etzebeth
6 Koster
7 Kolisi
8 Vermeulen
9 Duvenhage (c)
10 Pietersen - het julle hom al sien 10 speel? nogal nie sleg nie, hoor.
11 Habana
12 Grant - balverspreiding en daai vertraagde uitgee op 12 is iets wat ons nog heel seisoen kortkom
13 De Jongh - het die ekstra spasie nodig IMO
14 Aplon
15 Van den Heever

16 Malherbe
17 Fourie
18 Steenkamp
19 Carr - hoe kak moes hy voel toe AC eerder 'n haker opbring en 'n slot voor hom toe Bekker en Etzebeth afkom?
20 Schreuder
21 Francis
22 Du Plessis - laaste 20 minute kan die laaitie sy kans kry. Hy hou nie van uitgee nie, maar is 'n bliksem om te probeer plat trek so sal van opposisie met moeg bene hou. Ek sal hom nie opsenter inspan saam met De Jongh nie; dan gaan niemend enige bal sien nie.

stormer2010
17-04-12, 08:04 AM
Of hou net so (Habana speel vir 'n slag goed op vleuel), maar

9 Schreuder
10 Duvenhage
12 Grant

9 Duvenhage
10 Francis
12 Grant

- MAW bring in wie skerpste lyk by oefening tussen Schreuder, Francis en vd Heever.

In elk geval ek voel die oplossing le by Grant 12 toe skuif. Hy bring in elk geval nie te veel op 10 wat taktiese spel betref nie, maar sy vaardighede kan help die agterlyn wakker kry op 12.

Gena_ZA
17-04-12, 08:22 AM
Ek sal weer 'n heel ander ding wil sien met De Villiers wat uit is. Hoe ek die Stormers wil sien met ons huidige beserings;

1 Kitshoff
2 Liebenberg
3 Harris (fok, ek hoop die Leeus val uit S15 dat ons Cilliers kan koop!)
4 Elstadt
5 Etzebeth
6 Koster
7 Kolisi
8 Vermeulen
9 Duvenhage (c)
10 Pietersen - het julle hom al sien 10 speel? nogal nie sleg nie, hoor.
11 Habana
12 Grant - balverspreiding en daai vertraagde uitgee op 12 is iets wat ons nog heel seisoen kortkom
13 De Jongh - het die ekstra spasie nodig IMO
14 Aplon
15 Van den Heever

16 Malherbe
17 Fourie
18 Steenkamp
19 Carr - hoe kak moes hy voel toe AC eerder 'n haker opbring en 'n slot voor hom toe Bekker en Etzebeth afkom?
20 Schreuder
21 Francis
22 Du Plessis - laaste 20 minute kan die laaitie sy kans kry. Hy hou nie van uitgee nie, maar is 'n bliksem om te probeer plat trek so sal van opposisie met moeg bene hou. Ek sal hom nie opsenter inspan saam met De Jongh nie; dan gaan niemend enige bal sien nie.

hmmm, like you sieninge hier.
Hoop hul koop jong Caylib ook, potent stutte wat die Lions het
JO op 10, nog nie so gedink nie maar sal selfs waag om te se dit sal beter as Grant wees wat Satedag met 8 minute oor alles weggeskop het, amper my TV bank bekak.

heineken
17-04-12, 08:37 AM
Hahaha!! Asof die WP ooit goeie stutte koop wanneer dit beskikbaar is op 'n skinkbord!!

nee, AC sal eerder tos baie geld spandeer aan nog 'n vleuel!!

en dink julle die ander spanne gaan net agter oorsit en sê, daarsy WP dis julle beurt, vat maar vir Pat en Caylib, ons gaan nie ook 'n aanbod aan hulle maak nie...

stormer2010
17-04-12, 08:51 AM
Net hulle self sal weet hoekom ons nooit goeie stutte inkry nie. As jy kyk na iemand soos Guthro Steenkamp en WP Nel wat albei Kaap boytjies was en ons laat gaan het...

Oorsee is daar baie goeie stutte, maar ons sal CJ van der Linde aankoop. Ek probeer om nie te veel daarop te top nie.

Kyk, die goeie ding volgende jaar vir veral die WP en Sharks is dat wanneer of die Leeus of die Cheetahs uitval sal daar 'n paar goeie spelers wees wat sal huis soek. Ons sal nou al moet begin beplan en manne benader anders vat die blerrie Bulle weer die beste en die res gaan oorsee. Die sleg ding vir ie Sharks is slotte en senters is nie so volop by die Cheetahs nie en ook nie juis die Leeus nie. Maar hulle behoort darem F Steyntjie terug te kry vir volgende jaar.

My wenslysie vir die WP:

Leeus (ek glo nie regtig die Cheetahs gaan die kap kry nie);
-Caylib Oosthuizen en PatCilliers. Betaal die manne wat nodig is, want dit is ons tweede swakste area op die oomblik.
- Tian Meyer en Elton Jantjies want fok weet Duvenhage en Grant is 'n doodloopstraat en is net goed genoeg vir die plaasvervangersbank van 'n span wat regtig 'n titel wil losspeel.
- Jaco Taute want diepte op 15 het ons nie en is nooit 'n slegte ding nie

Cheetahs as die ondenkbare gebeur;
Fok, waar begin mens?..
Oosthuizen, Marcell van der Merwe, WP Nel, Adriaan is beter as Liebenberg en diepte op 2 kan help, Lappies Labuschagne is beter as Koster en Kolisi en Carr gaan nie end uit 'n bate wees nie. Van Zyl en Goosen sal 'n fokken moerse aanwins vir enige span wees en sal die WP nog soveel meer van hulp kan wees en so ook die Ebersohn tweeling en Willie le Roux. Hel, nou hop ek die Cheetahs val vas met SARU en die Wp hou die tjekboekkie reg (en drop 'n sekere paar spelers wat nie die geld huidigli werd is nie)

Sker
17-04-12, 09:07 AM
Fokof, los my Cheetahs uit!!! :P

Gena_ZA
17-04-12, 09:19 AM
aan die ander kant, die moffie WP stutte staan hul man teen almal en het die Sharks laat sweet
Wonder wanneer laas was hul heeltemal oorskadu deur enige span....

Dis maar 'n stigma wat kleef, net soos dat die Bulle boring rugby speel - watter tos

stormer2010
17-04-12, 09:59 AM

Kitshoff is 'n lekker stut en sal net beter met die tyd en ook Liebenerg, veral met Etzebeth en Bekker agter, maar Harris? Not 'n fok. Hy kan maar waai. Deon Fourie ook nie die grootste hulp in die scrums nie. Verbeel jou ons het aan Mujati en Brits vasgehou..

Diepte in die stutte en hakker is ook nodig. Kwaliteit diepte. 16 games is baie en erens gaan iemand beseer wees. Dan nog word kwaliteit spelers benodig vir wanneer die Bokke toetse speel in die Curry cup.

Gena_ZA
17-04-12, 10:13 AM
Pieter de fokken Villiers se skuld dat Schalk Brits die land verlaat het. Sal hom vir latyd haat daaroor

stormer2010
18-04-12, 12:22 PM
So Habana vat die no.13 trui oor vir die Stormers teen die Rooies. Teen die Reds dink ek nie dit is te sleg 'n opsie nie. Hoop net nie hy bliksem die heeltyd te vinnig op nie.

En Jaque Fourie gooi toe vir Heynecke Meyer en die bokke die vinger en se hy stel nie meer belang om 'n Bok te wees nie. Seker maar ook goeie nuus siende dat hy 29 is en ons moet een of ander tyd ons ouer manne se hand skud en se, dankie, maar fokof nou. De Jongh? Rob Ebersohn? Ek dink JP Pietersen is 'n klas vleuel, maar sal nie te graag hom wil sien in 'n groen no.13 trui nie. Die Bulle weet nog self nie wie hul voorste 13 is nie en die Leeus het elke twee weke 'n ander senterpaar met hul beserings.

Heynecke Meyer se nuutste uitlatings oor die nuwe rangstelsel waar spelers presies weet waar hulle staan en hoekom is 'n bietjie vars lug na die media min gedoen het om my paranoia te blus.. hel, hulle het my net meer paranoiies gemaak die laaste ruk.

heineken
18-04-12, 12:49 PM
Ja wel ek dink dis die eerste keer in SA geskiedenis seker na Kitch se tyd dat 'n coach met elke ou oop kaarte speel??

Hoekom kry ek die idee Lambie en Fransie gaan ons 2 senters wees?? fok, dink net, Johan Goosen, Lambie, en Fransie, gooi sommer vir Taute ook in en dan kan ons lekker fokken ver pale toe skop!

Sker
18-04-12, 01:23 PM
Fokkit ons gaan nie eers hoef uit ons half gebied uit te kom nie. Pass net vir Francois of Johan en kyk hoe skop hulle die kak uit die bal uit.

10. Goosen
12. Lambie
13. Ebersohn

Dink net...

stormer2010
18-04-12, 01:41 PM
My paar sente (agterlangs so 14 spelers vir 'n 30 man uitgebreide span):

9 Hougaard
10 Lambie
11 Aplon
12 F Steyn
13 R Ebersohn
14 JP Pietersen
15 J Pietersen

20 Du Preez
21 Goosen
22 Taute

back-up
> Van Zyl
> Pienaar / Jantjies
> De Jongh
> Viljoen

Jammer, ek kry nie plek vir Habana (op beter vorm as die afgelope 2 jaar), JdV of M Steyn nie...

Gena_ZA
18-04-12, 01:50 PM
Rate jul manne rerig vir Eberson so hoog, hy feature net as die game oop is en slip baie tackles
Heyneke soek ondervinding vir die Junie toetse - dink jean en Jean gaan speel, nie eers seker of Frans in shape is vir Suidelike Halfrond rugga nie.
Lambie is wel n opsie op 12 maar ek dink nie Heyneke gaan hom so rondtos so snor nie

heineken
18-04-12, 02:37 PM

Nee ek rate nie vir Ebersohn so hoog nie, hys nog baie lig in die broek na my sin... Ek sal dan eerder vir meisiekind kies

stormer2010
18-04-12, 02:43 PM
Rate jul manne rerig vir Eberson so hoog, hy feature net as die game oop is en slip baie tackles
Heyneke soek ondervinding vir die Junie toetse - dink jean en Jean gaan speel, nie eers seker of Frans in shape is vir Suidelike Halfrond rugga nie.
Lambie is wel n opsie op 12 maar ek dink nie Heyneke gaan hom so rondtos so snor nie

Jean en Juan kry net mooi fokkol reg vir die Stormers. Hoekom sal dit beter gaan op toetsvlak? Die ding van Rob i hy het fantastiese bewustheid en die hande daarby om dit te benut. Sy vedediging is klaar baie beter as verlede jaar en ek is seker met die regte bykomstige afrigting en motivering sal hy great wees. Met ander woorde, ek sal eerder iemand selekteer wat potensiaal het as iemand wat nie meer gaan offer as wat hy huidiglik doen nie en daardie X-faktor kan jy nie afrig nie, maar beter verdediging wel en sal ook kom met ervaring.

Gena_ZA
18-04-12, 03:45 PM
hoor jou, maar dis toetsrugby die, laat hy eers se merk maak as een van die beste 13's op Super rugby vlak voor ons hom toets speler maak, en hy is nog n bietjie weg daarvan af
As ons nou vir die argument vir JdV uitlos sal ek steeds JdJ in die group he, vir cover op 12, wat sy natuurlie posisie is

Noudat Jacques kort meisies wil spyker in Japan is 13 oop...
Frans Steyn kan daar speel indien nodig want hy het genoeg natuurlike talent; JP,Habanna en Toute is almal nog jonk in die posisie en soos jul uitwys, Eberson het potensiaal
13 by vir my 'n redelike kopseer vir die Bokke

Sker
18-04-12, 08:13 PM
Ja 13 is nogals 'n f-oppie... Ek is ongelukkig nou nie so slim nie, is daar 'n moerse verskil tussen binne en buite senter? Want jinne, ons wil nie vir F.Steyn nog rondfok nie. Hy speel nou orraait op 12.

heineken
19-04-12, 05:58 AM

kyk, as 'n stut sal ek nou nie baie weet oor die verskil tussen 12 en 13 nie, maar wat ek al gesien het is dat 12 'n beter verspreider van die bal moet wees en 'n groot fokkertjie moet wees vir die crash ball... 'n 13 is meer 'n vinniger, ratse ettertjie wat goeie lyne hardloop en in die gaps moet kom... dus, fransie is beslis nie 'n 13 nie...

Bull
19-04-12, 06:32 AM
Moerse verskil tussen 12 en 13, binne senter is baie meer soos losskakel in die sin dat daar baie druk op jou is as jy die bal het waar daar baie meer druk is op buite senter wanneer jy verdedig.

Gena_ZA
19-04-12, 02:03 PM
Gaan die Stormers die Reds klop - dink so
Gaan die Sharks die Chiefs klop - dink nie so nie
Gaan die Bulle die Brumbies klop - dink so, redelik gemaklik
Gaan die Lions punte kry die week, dink so, net net met hul bye weekend

stormer2010
19-04-12, 02:09 PM

Dis die 'picks' waarop ek ook reken vir Superbru.

Ook
Waratahs > Rebels gemaklik
Highlanders > Blues redelik
Crusaders > Hurricanes net-net

Ek's ook moerse bly vir die Lions fans dat hul span weer bietjie punte kry. Die enigste kak ding is dat hul nou al twee hul 'byes' het en ons is nou maar eers na die naweek halfpad met die toernoei; ek meen die Sharks wag nog op hul eerste pasella punte.

Gena_ZA
19-04-12, 02:34 PM
kyk gerus na hierdie digitale produksie

http://www.rugbymentormag.com/

Gena_ZA
20-04-12, 12:00 PM
Step 1, GO TO:
http://translate.google.co.za/?hl=en&q=ek+is+n+bloubul&tab=wT
Step 2, type in:
ek is n bloubul

"don't shoot the messenger"

stormer2010
20-04-12, 12:05 PM
Hi, sjeim.

stormer2010
20-04-12, 12:08 PM
Die arme blou bliksems word alewig ge'target'. Hier op die offisiele webtuiste vir Super rugby wys hulle ook die Bulle sonder 5 liga punte LOL.

http://www.superxv.com/ (http://www.superxv.com/)

Bull
20-04-12, 12:10 PM
Haters gonna hate!

3 x Super rugby champs :D

Gena_ZA
23-04-12, 09:16 AM
Hoezit, het bietjie gekyk na party ouens heel noukeurig die naweek (dit klink amper ghey :) )

Ek ek moet bieg, Duanne speel baie goed en is tans die vorm no 8 in SA
CJ Stander moet passop, hy bevind homself bo Brussauw on die Bokspan as hy so aangaan, dink 'n paar spanne begin bewys dat daldraers beter vaar as baljagters agv die nuwe reels
JJ Engelbrecht, een van my idols het gesukkel op verdediging agv 'n kort aan exerience daar, Bulle sal moet mooi dink en dalk Sadie weer 'n kans gee

heineken
23-04-12, 09:31 AM
Hier's gou vir julle 'n vragie:

Wie moet die Bokke se nuwe Kaptein wees?

Kom ek gee julle my keuses...

CJ Stander: was die jong bokke se kaptein, menigte bulle het gesê hy het leierseienskappe, en hy het een keer 'n man geklap omdat hy 'n wit vrou gevloek het... Regte Boerseun!!

Schalk Burger: Obvious Keuse, behalwe sy dissipline

Chilliboy Ralapelle: Net om nie rassisties te wees nie

Andries Bekker (parkbankie): Miskien nie n goeie keuse nie, hy kan nie los girls uitlos nie, en sal die Bokspan in die verleentheid bring.

Pierre Spies: Miskien, maar Duane speel goeie ruggas nou...

Gena_ZA
23-04-12, 09:45 AM
CJ, eers oor 2 of 3 jaar - Heyneke te konserwatief vir so 'n bold move
Burger - voel selle as jy
Chilliboy - nie top in sy posisie nie so nada
Andries, weet nie, tans lyk dit eerder na Victor...
Pierre, die ou praat te min op die veld em nie no 1 8ste man in die land nie

Dalk JdV as hy goeie vorm kan herwin, goeie ondervinding
My keuse sal Adriaan Struass wees, beter as Bismark en goeie leier

stormer2010
23-04-12, 10:14 AM
Hmmm, Bok kaptein..

Ek los die jong manne vir eers uit alhoewel Wallis se kaptein wys jeug is nie noodwendig 'n slegte ding in 'n kaptein nie.

Dan sal ek vir so 'n jaar of twee werk met Schalk Burger, Juan Smith of Adriaan Strauss. Strauss se probleem is hy is nie verseker van 'n pek nie met Bismarck se toets ervaring en (ek bedoel hierdie nie sleg nie; dis net realiteite) Ralepele se kleur wat hom 'n aantreklikke opsie maak op die bench. Tussen Schalla en Smith sal ek 'n keuse van die een maak en daarby bly. Nie altwee nie IMO en met Smith se beseringsprobleme is ek geneig om te leen na Schalk se rigting. Sy dissipline is ook onvergelykbaar beter as in vorige jare so ek dink dis nie 'n probleem nie.

Daar is natuurlik FdP en Matfield- as mens die papiere glo- as opsies op 'n kort termyn (siende dat daar geen tyd is om te oefen en dinge uit te pluis voor die toetse teen Engelenad nie). MAW ek dink nie noodwendig die spankeuses vir die toetse teen die Engelse is noodwendig die keuses wat langtermyn sal geld nie.

Gena_ZA
24-04-12, 11:08 AM
Daar is Duanne en Schalk uit en gaan sekerlik die Junie toetse mis
JDv dalk ook en Jf is gonners

Ons het issues met 7,8 en 13

heineken
24-04-12, 11:39 AM
Daar is Duanne en Schalk uit en gaan sekerlik die Junie toetse mis
JDv dalk ook en Jf is gonners

Ons het issues met 7,8 en 13

Het ons rerig??

Eks seker op 7 dat CJ Stander, Josh Strauss en Jaqcues Potgieter goed sal vaar...
En op 8 sal Pierre Spies, Keegan Daniel en Ashley Johnson ook nie te kak wees nie...
Op 13, wel Robert Ebersohn, Frans Steyn, JDJ is ook goeie gehalte....

Bull
24-04-12, 12:02 PM
Ek dink julle WP manne oorskat die waarde van sekere spelers :p

stormer2010
24-04-12, 01:48 PM
Stormers gaan verseker Burger, Vermeulen, JdV mis. Maar ons doen nou al 'n tydjie nie te kak sonder Schalla en Jaque Fourie. Na die Force het ons darem 'n bye om dinge te vergemaklik.

Ek dink nie dis te 'n groot probleem vir die Bokke nie. Dis dalk net die ding wat Meyer se hand vorseer om met jeug en vorm te gaan.

Ek stem net nie saam met van die name wat hierbo genoem word nie vir 8; ek persoonlik was nog nooit 'n groot Spies en Johnson aanhanger nie. Duane sou my eerste keuse vir no.8 wees. Met hom uit... geen regtige uitblinkers nie, maar ek sal CJ Stander daar inspan met Jacques Potgieter en Heinrich Brussow op 7 en 6 onderskeidelik. Brussow net om bietjie ervaring te verleen aan 'n jong lostrio en die Engelse se tipe spel sal Brussow goed pas; hul versprei nie bal so gou so wyd soos baie van die S15 spanne nie.

Gena_ZA
24-04-12, 02:36 PM
wat ek probeer se het is dat ons okay maar nie like met like kan vervang nie

13 - nie Eberson,Sadie of JdJ is naby JF se gehalte nie, of nog nie
8 - Duanne is stukke beter as enige iemsnd die seisoen, Straus is groot maar nie op toetsvlak gehalte nie en Johnson, lol, seriaaaas? Daniel dalk maar geelkaart sindroom...
7 - Stander en JauquesP is baie goed maar baie jonk, Juan Smith het al vergeet hoe lyk n rugby ball en as hy terugkom, een stamp teen die kop en sy carreer is oor.

en Bull, maak 'n contribution en nie net comments nie tjom
Ek gee nie n flenter om as die ouens almal uit die OP kom nie, nie as dit by BOK rugby kom nie

Bull
25-04-12, 05:23 AM
My comment was sarkasties bedoel..........

heineken
25-04-12, 05:57 AM
op 7 en 8 is daar ook natuurlik manne soos Willem Alberts, Jean Deysel, Marcell Coetzee, Deon Stegman en Van Der Walt van die Cheetahs...

stormer2010
25-04-12, 06:32 AM
op 7 en 8 is daar ook natuurlik manne soos Willem Alberts, Jean Deysel, Marcell Coetzee, Deon Stegman en Van Der Walt van die Cheetahs...

Dis waar, maar Deysel en Stegmann het nog geen rugby hierdie jaar gespeel nie. Moet se dit was nogal vreemd om na 'n lys te kyk van spelers wat die meeste strafskoppe afstaan en nie Steggies se naam te sien nie totdat ek onthou het hy is nou al lank uit. Alberts het nog nie 'n slegte game vir die Bokke gehad op die flanke nie, maar hulle was van die bench af en in die werledbeker en Superrugby tot nou toe was hy maar redelik stil met die enigste ding wat hom laat uitstaan die feit is dat hy bo-aan die lys is van gemiste duikslae. Coetzee en Van der Walt lyk na goeie vooruitsigte, maar dan is daar weer beter jong spelers as ons kyk na die jonges.

Wel ek is seker Meyer sal die regte manne kry vir hierdie toetse en sal die beste uit hulle kan kry. Daar is nogal baie opsies. Dit sou net nogal lekker gewees het as daar verseker spelers was wat uitstaan soos in NZ is dit 'n feit dat Kaino, McCaw en Read die lostrio sal uitmaak en al is 2 van hulle beseer op die oomblik speel Read 'n barshou die laaste tyd. k sien uit na Meyer se spankeuses en wat ekstra dimensie daaraan gee is dat dit nie noodwendig sy langtermein planne sal aandui nie.

heineken
25-04-12, 06:36 AM
Ek dink nie Kaino gaan in die NZ squad wees nie hoor...

stormer2010
25-04-12, 06:58 AM
Ek dink nie Kaino gaan in die NZ squad wees nie hoor...

LOL, weet jy iets wat ek nie weet nie?

heineken
25-04-12, 07:46 AM
LOL, weet jy iets wat ek nie weet nie?

Wel hys beseer en oppad NH as hy nie klaar is nie... en so ver ek weet het New Zealand nog net vir Dan Carter gekies terwyl hy Noord van die ewenaar was...

stormer2010
25-04-12, 09:36 AM
Wel hys beseer en oppad NH as hy nie klaar is nie... en so ver ek weet het New Zealand nog net vir Dan Carter gekies terwyl hy Noord van die ewenaar was...

Ek het heeltemal vergeet hy beweeg Noord. Thomson en Messam is nie van dieselfde gehaalte nie. Ook nie Vito nie.

Gena_ZA
25-04-12, 11:43 AM
Sien Keo begin praat van Jo van Niekerk en Cronje of 7 wat tans in Frankryk speel, dan kan hul netsowel kyk na Francois Louw as hy nie een van jonger manne nou al wil imbring in die strating line-up nie

Gena_ZA
25-04-12, 12:13 PM
Stormer2010,

Vragie oor die Fox fantasy league asb:

As ek 'n speler op reserve het, hoe kan ek hom inbring en ruil met huidige gekose speler sonder om klomp transfers te gebruik
een om die huidiege ou uit te vat en
een om hom te vervang op die reserves
een om hom dan in te bring
- aldans dis hoe ek dit verstaan

thanks en dankie vir die vorige verduideliking op die main site oor my vorige vrag
dalk moet ek my opsie gebruik om alles van voor af te doen met die baie byes en 3 van my reserves is Cheethas

Bull
26-04-12, 06:23 AM
Sien Keo begin praat van Jo van Niekerk en Cronje of 7 wat tans in Frankryk speel, dan kan hul netsowel kyk na Francois Louw as hy nie een van jonger manne nou al wil imbring in die strating line-up nie
Jacques Cronje? Ag asseblief Joe van Niekerk is 'n idioot ek het daai poephol nog nooit gerate nie.

stormer2010
26-04-12, 06:28 AM
Stormer2010,

Vragie oor die Fox fantasy league asb:

As ek 'n speler op reserve het, hoe kan ek hom inbring en ruil met huidige gekose speler sonder om klomp transfers te gebruik
een om die huidiege ou uit te vat en
een om hom te vervang op die reserves
een om hom dan in te bring
- aldans dis hoe ek dit verstaan

thanks en dankie vir die vorige verduideliking op die main site oor my vorige vrag
dalk moet ek my opsie gebruik om alles van voor af te doen met die baie byes en 3 van my reserves is Cheethas

Nee, fok! Gebruik jy tot dusver transfers om manne uit te ruil? By die 'my team' blad is daar onderaan elke speler se trui 'n pyltjie en 'n informasie 'tab'. Klik op die pyltjie van die speler wat jy wil vervang en dan op die pyltjie van die speler waarmee jy hom wil vervang. Hulle behoort om te ruil.

Ja, ek is 'n groot aanhanger van onmiddelik jou wildcard gebruik as jy vind jy het stront aangejaag, wat ek wel gedoen het aan die begin.

Gena_ZA
26-04-12, 07:23 AM
hehe,nee glad nie so erg nie

Wat ek bedoel is:

Ek wil twee spelers ruil, huidige haker met die een van in my plaasvervangersbank is, ek kan hul nie net "swop" nie reg?

Sker
26-04-12, 07:35 AM
Spies die magician en sy disappearing act is nie goed vir die bokke nie, maar miskien kies Meyer vir hom om die bokke te lei...

stormer2010
26-04-12, 07:47 AM
hehe,nee glad nie so erg nie

Wat ek bedoel is:

Ek wil twee spelers ruil, huidige haker met die een van in my plaasvervangersbank is, ek kan hul nie net "swop" nie reg?

Jy kan hulle 'straight swop' soos ek daarbo aangedui het. Dit vat nie 'n 'transfer' nie.

Spies die magician en sy disappearing act is nie goed vir die bokke nie, maar miskien kies Meyer vir hom om die bokke te lei...

Wat se jy nou eintlik; jy maak dit amper klink na 'n goeie ding? Nie goed genoeg as speler nie, maar kaptein...?

heineken
26-04-12, 08:17 AM
Wat se jy nou eintlik; jy maak dit amper klink na 'n goeie ding? Nie goed genoeg as speler nie, maar kaptein...?

Wat? hoekom praat julle nou van John Smit??

Gena_ZA
26-04-12, 08:20 AM
lol, julle is wacko :)

stormer2010
26-04-12, 08:33 AM
Wat? hoekom praat julle nou van John Smit??

Vra ek ook. Is Spies die nuwe Smit?

Shosoloza
26-04-12, 11:59 AM
Ek het ookal vroeër gesê dat Spies nou die mees ovearrated speler in SA is. Ek is oortuig daarvan dat dit nie goed vir die span dinamika kan wees as almal in die span weet daar is baie beter spelers as die kaptein nie. Dit is OK as daar nie 'n groot verskil in die kaptein en die ander speler/s se spelpeil is nie, maar soos wat ons gehad hetmet Smith en Bismarck kan nnie goed wees nie. In dieselfde asem dink ek ook dat 'n goeie leier wat respek afdwing deur te lei met voorbeeld is net so kardinaal vir 'n span se sukses.

Die probleem is, daar is nie 'n 8 ste man wat regtig sy hand opsteek nie. Spies se grootste oposisie sal kom van binne die bulle waar CJ, Arno en Dewald beter as hy is en al 3 eintlike 8ste manne is. Ek persoonlik sal spies nie eens vir die bulle kies nie. My mond water oor 'n trio van 6- CJ, 7- JP en 8 Dewald. (indien almal fiks is) met Arno op die bench, maar ek dink tensy Spies seerkry sal dit net 'n droom bly.

Wat kapteinskap aanbetref dink ek Meyer het 'n moerse probleem. Soos ek dit sien het hy 1 van 2 opsies. (In aggenome die beserings op die oomblik.) Bring Victor terug al is dit dan net tot Schalla reg is. (FDP is nie 'n kaptein nie. punt) of wees "bold" en maak iemand soos CJ kaptein wat 'n natuurlike leier is en op huidige spelpeil en beserings in aggenome, in elk geval 'n 1ste keuse is, in my opinie. Ek sal gaan vir CJ.

Indien Schalla dalk betyds kan herstel sal ek hom die kaptein maak, aangesien hy al kaptein is wat op verdienste sy plek in die span verdien. Ek dink egter nie met die gros huidige jong loosies wat deurkom dat hy in die volgende RWC daar gaan wees nie.

Op kort en langtermyn sal dit dalk meer sin maak om CJ te kies. Wat ek op goeie gesag van hom verneem het is dat hy iemand is wat 'n moerse sterk "presence" het en 'n baie goeie natuurlike leier is.

Ek weer die Stormer ouens gaan my aanvat, maar ek dink nie Duanne is soveel beter as Pierre om sy plek in die span in gevaar te stel nie. Ek het nou al geleer dat met alle vorige afrigters bly hulle by die ou in die "saal". Vir iemand anders om die speler te lig moet hy baie beter wees, nie net-net nie. Al aspek waar Spies regtig beter as enige ander 8 in die land is, is met sy lynstaan spel.

Soos Badgena ook op 'n vorige post gesê het kan mens kyk na Adriaan Strauss wat op die oomblik die beste haker is, en ook 'n baie goeie kaptein is. Die probleem is Bismarck glo ek sal binnekort weer sy beste vorm bereik. Vorm is tydelik en klas is permanent en bissie het klas.

ek hoor graag julle ander "boere" se opinie.

Gena_ZA
26-04-12, 12:33 PM
goeie post maat, verskil tussen Duanne en Spies is Spies is veronderstel (met sy grootte en krag) om die ouens vrot te speel, duik en donner en hy doen die teenoorgestelde. Duanne, Daniels en Strauss beteken meer want hulle "speel" meer, op meeste vlakke. Spies troef hul wel in die lynstaan en op ope spoed. Dalk het Pierre ook 'n "pressense" op die speelveld en hy commit meer verdedegers as die ander, dit tel ook punte
In slotsom, wil net hê Pierre moet graag meer doen met sy natuurlike talente.
Ek sal nie gaan toi-toi as hy gekies word nie maar sal bitter graag vir Stander en of Potgieter daar iewers wil sien.
Ek hoop regtig nie Heyneke bring 'n oorsese no 7 in nie, hy het genoeg jongmanne wat puik is en puik speel.

Ek bly meer 'n fan van Strauss fan as van 'n Bismark, maar shame tov Bismark, hy is al soveel keer in die ore gespyker deur SA rugby, dalk moet hy 'n extended run kry

Shosoloza
26-04-12, 03:04 PM
Stem saam met jou oor die hakers. Strauss is 'n harde en eerlike speler en hy staan week na week uit in 'n swakkerige span wat op die agtervoet is. Ek hou nie baie van Bismarck nie. Hy het daai tipiese Vrystaat boelie mantaliteit wat Ollie gehad het en Coenie Oosthuisen ook het, maar hy het tot en met die jaar baie goeie rugby gespeel.

Dalk voel hy, hy is die logiese keuse op 2 noudat JS klaar is, maar "n mens kan nie die huidige spel van Chillie en Adriaan ignoreer nie.

My persoonlike gevoel omtrent Spies is dat hy te veel ge"bulk" het. In 2010 was hy nog goed, maar laasjaar en die jaar sover is hy 'n skadu van waartoe hy werklik in staat is. Hy het ook heelwat vaart in geboet. Ek dink hy moet bietjie aggresie kry. Waar het jy gesien jy heelagter (leeus) duik hom terug waar hy op volle vaart is. Ek kan verstaan dat met 'n goeie duikslag die outjie hom kon grond toe bring, maar nie terugduik nie!!

Sterkte vir julle laaste game op toer. Ek kan nie sien hoe die force julle gaan stop nie. 13 of moontlike 14 punte uit die toer uit sal great wees.

stormer2010
26-04-12, 03:10 PM
Ek het ookal vroeër gesê dat Spies nou die mees ovearrated speler in SA is. Ek is oortuig daarvan dat dit nie goed vir die span dinamika kan wees as almal in die span weet daar is baie beter spelers as die kaptein nie. Dit is OK as daar nie 'n groot verskil in die kaptein en die ander speler/s se spelpeil is nie, maar soos wat ons gehad hetmet Smith en Bismarck kan nnie goed wees nie. In dieselfde asem dink ek ook dat 'n goeie leier wat respek afdwing deur te lei met voorbeeld is net so kardinaal vir 'n span se sukses.

Die probleem is, daar is nie 'n 8 ste man wat regtig sy hand opsteek nie. Spies se grootste oposisie sal kom van binne die bulle waar CJ, Arno en Dewald beter as hy is en al 3 eintlike 8ste manne is. Ek persoonlik sal spies nie eens vir die bulle kies nie. My mond water oor 'n trio van 6- CJ, 7- JP en 8 Dewald. (indien almal fiks is) met Arno op die bench, maar ek dink tensy Spies seerkry sal dit net 'n droom bly.

Wat kapteinskap aanbetref dink ek Meyer het 'n moerse probleem. Soos ek dit sien het hy 1 van 2 opsies. (In aggenome die beserings op die oomblik.) Bring Victor terug al is dit dan net tot Schalla reg is. (FDP is nie 'n kaptein nie. punt) of wees "bold" en maak iemand soos CJ kaptein wat 'n natuurlike leier is en op huidige spelpeil en beserings in aggenome, in elk geval 'n 1ste keuse is, in my opinie. Ek sal gaan vir CJ.

Indien Schalla dalk betyds kan herstel sal ek hom die kaptein maak, aangesien hy al kaptein is wat op verdienste sy plek in die span verdien. Ek dink egter nie met die gros huidige jong loosies wat deurkom dat hy in die volgende RWC daar gaan wees nie.

Op kort en langtermyn sal dit dalk meer sin maak om CJ te kies. Wat ek op goeie gesag van hom verneem het is dat hy iemand is wat 'n moerse sterk "presence" het en 'n baie goeie natuurlike leier is.

Ek weer die Stormer ouens gaan my aanvat, maar ek dink nie Duanne is soveel beter as Pierre om sy plek in die span in gevaar te stel nie. Ek het nou al geleer dat met alle vorige afrigters bly hulle by die ou in die "saal". Vir iemand anders om die speler te lig moet hy baie beter wees, nie net-net nie. Al aspek waar Spies regtig beter as enige ander 8 in die land is, is met sy lynstaan spel.

Soos Badgena ook op 'n vorige post gesê het kan mens kyk na Adriaan Strauss wat op die oomblik die beste haker is, en ook 'n baie goeie kaptein is. Die probleem is Bismarck glo ek sal binnekort weer sy beste vorm bereik. Vorm is tydelik en klas is permanent en bissie het klas.

ek hoor graag julle ander "boere" se opinie.

Ek gaan hier met die gatkant inval en vra hoekom jy na ander manne verwys as "boere" en nie Boere nie? Ek voel so bietjie in die gesig gevat.

Op 'n ernstiger (of is dit nou ligter? ;P) noot- ek stem saam (Stander is 'n besliste opsie en amper 'n versekere opsie as mens nou al kyk na werk na die toekoms), ek stem saam (Spies is redelik anoniem op die veld en veral vir 'n kaptein) en weereens, ek stem saam (dat WP manne met jou gaan verskil oor Vermeulen) en hier's hoekom;

hy vat vas, hy dryf manne terug in die duikslag wat momentum stop en dit maklik maak vir iemand soos Brussow om bal te steel, hy maak nie fout op verdediging nie, hy draai opposisie balbesit om in jou 22 redelik gereeld (hou bietjie dop) en hy vat keer as hy bal dra en verloor nie sommer daai bal as daar ondersteuning naby is nie. Hy is net meer akkuraat met en konstant met wat hy doen as enige ander 8 in SA. Hy is nie die vinnigste nie, maar kies dan iemand soos Stander, Potgieter of Coetzee op 7. Burger as jy nog 'n goeie lynstaan opsie soek.

Shosoloza
30-04-12, 10:13 AM
Ek gaan hier met die gatkant inval en vra hoekom jy na ander manne verwys as "boere" en nie Boere nie? Ek voel so bietjie in die gesig gevat.

Wel, as ek Boere i.p.v. boere gebruik het sou dit daar op neerkom dat mede Bull ondersteuners saam mag praat. Deur boere te gebruik sluit ek julle stormers by die gesprek in. Die versoeking was egter groot om te sê: "Ek hoor graag julle Boere en kolonialiste se mening", maar ek het nie geweet hoe dit by julle sou afgaan nie. ;)

Toemaar ek joke net. Terug by die rugby. Weet Julle wat geniet ek van die website, veral die afrikaanse blad, is die feit dat Ons van mekaar kan verskil soos Grootmense sonder om die ander Ou af te kraak bloot oor Hy 'n ander span ondersteun. Dis juis oor die rede wat ek 'n hele paar jaar terug weg is by keo.

Dis ook lekker dat Jy redes gee oor hoekom Jy van my verskil betreffende Duanne anders as om net sê: "sorry Duanne is die beste en klaar"

Ek hoor Jou menings en Jy maak wel geldige punte. Jy is heeltemal korrek as Jy sê Duanne doen wat hy doen dalk nie uitstekend nie, maar wel konstant. Dit is egter een aspek van die hele stormer span is die feit dat hulle konstant goeie rugby speel. Ek het al opgemerk dat Spies wel ouens terugdra, maar soos Jy sê, hy moet eers die ou in die hande kry en dan is dit ook nie elke keer nie.

Al rede hoekom ek glo Heineke gaan Spies kies is omdat daar nie ander 8 (eerste keuses in hulle franchise) is wat regtig soveel beter is as Spies nie. Ons almal weet al dat vir 'n speler om 'n ander een uit die saal te lig, moet hy regtig heelwat beter wees en nie net-net nie. Persoonlik dink ek nie Duanne is soveel beter as Spies nie en verder is Duanne ook geneig om by "van-die-bal-af insidente" betrokke te raak. Hoe maar bietjie dop, as daar 'n geplukkrey en stampery is, is Duanne en Tiaan daar.

As ek nou 'n lostrio moet kies uit die huidige beskikbare spelers sal dit so wees: 8- CJ, 7- Jacques Potgieter, 6- Brusouw. Hulle is huidiglik die vorm spelers, maar ek weet HM sal gaan vir ervaring. Kolisi en Marcel Coetzee is nie ver agter nie. Ek dink regtig dat CJ 'n baie spesiale speler is en hy verbeter met elke wedstryd. Sy werkverrigting en betrokkenheid by die spel is tans die beste in die land.

heineken
30-04-12, 10:28 AM
Kan ek net gou hier inspring om iets te noem, en julle is meer as welkom om my aan te vat hieroor.

Ek is 'n Groot Spies-aanhanger, vir 'n hele paar redes. en ek verstaan heeltemal wat julle sê oor sy spel en so aan. maar ek dink persoonlik hy as speler het baie gegroei vandat hy Kaptein is van die Bulls. Hy het bewys hy kan meer vas speel, en die statistieke wys dat hy een van die ouens in die kompetisie is wat al die meeste duikslae suksesvol gemaak het.

Dit bygesê, as hy vir die Bokke speel, is hy weer saam Heyneke, die ou wat hom 'n 8ste man gemaak het, die ou wat hom geleer het hoe om die monster te wees wat almal op 'n stadium gevrees het, Ek dink dit kan net 'n goeie ding wees om vir Pierre en Heyneke weer met mekaar te herenig???

Gena_ZA
30-04-12, 10:43 AM
Spies sal ons Bok no 8 wees, dalk nog kaptein ook, ten mmiste vir die Junie toetse dink ek

stormer2010
30-04-12, 11:15 AM

LOL, dankie vir jou inagneming van ons arme siele hier in die skone Kaap. Ek waardeer ook die debat (hier by TRF.com) en selfs die spot hier en daar dryf. Ons kan lank debateer oor die term van 'Boer' en wat Boerwees behels. Ek kan nou eintlik nie praat van die manne wie se families al van die begin af hier in die Kaap was nie; ek kom oorspronklik van Pretoria af (in doeke). My Pa is 'n bul ondersteuner, maar ek het vir WP gehardloop en ken eintlik maar net die Kaap so dit voel net reg om die WP te ondersteun. Maar Boer is ek Boer. My oupa-grootjie was selfs genrl C de Wet se regterhand-man en ek het briewe en baie interesanthede van die Anglo-Boere-oorlog (vryheidsoorlog).

Ek hoor wat jy se oor Spies en dat die besluitnemers nie sommer iemand uit sy plek uit lig nie en ek stem selfs saam dat Spies se spelpyl effe gelig het nadat hy die kapteinskap daarbo nou oorgeneem het. Ek stem saam dat mens nie sommer net so 'n verandering moet maak nie, maar Spies poer-poer nou al net te lank saam in 'n groen trui na my mening. Selfde ding geld vir my vir Habana; hy speel nou beter as voorheen, maar ek sal nie omgee om 'n vars gesig vir die Bokke te sien uitdraf nie. Miskien nie nou al teen die Engelse nie, maar waaragtig, dit sal vir my 'n jammerte wees as daar teen die einde van die jaar nie beloning is vir die beter spelers nie (in stede van die ouens wat maar net daar is omdat hulle daar is).

stormer2010
30-04-12, 11:28 AM
Kan ek net gou hier inspring om iets te noem, en julle is meer as welkom om my aan te vat hieroor.

Ek is 'n Groot Spies-aanhanger, vir 'n hele paar redes. en ek verstaan heeltemal wat julle sê oor sy spel en so aan. maar ek dink persoonlik hy as speler het baie gegroei vandat hy Kaptein is van die Bulls. Hy het bewys hy kan meer vas speel, en die statistieke wys dat hy een van die ouens in die kompetisie is wat al die meeste duikslae suksesvol gemaak het.

Dit bygesê, as hy vir die Bokke speel, is hy weer saam Heyneke, die ou wat hom 'n 8ste man gemaak het, die ou wat hom geleer het hoe om die monster te wees wat almal op 'n stadium gevrees het, Ek dink dit kan net 'n goeie ding wees om vir Pierre en Heyneke weer met mekaar te herenig???

Ek stem tot 'n mate saam en is seker Spies sal sy geleentheid kry (soos Badgena hierbo verwys na die Junie toetse). My hoop is dat as hy dit nie gebruik nie daar plek gemaak sal word vir iemand wat dit dalk meer sal waardeer en wel die geleentheid gebruik.

Gena_ZA
30-04-12, 11:49 AM
stormer2010 (http://www.therugbyforum.com/forum/member.php?39190-stormer2010) , het toe my wildcard getrek op die fantasy league en vir die eerste keer die 500 punt merk oortref.
Stem steeds nie lekker saam met die "subs" seksie nie

Gaan scenario gou gooi,

Vat net 2 spelers op inside backs, Cruden en op sub is Lealifano. Right ek wil he Lealifano moet eerder in my begin span wees - hoe kry ek hom daar?
As ek op die pyltjie click en hom afhaal, selle ook vir Cruden, dan wil ek Lealifano weer kies in Cruden se plek en Cruden as 'n substitude. Dit kan nie gebeur nie, as ek enige van die 2 weer kies, in enige volgorde, word hul terugggesit op die oorspronklike plekke waar hul was.
Ek kry geen manier om hulle net to "swop" nie

Kan jy uithelp asb, dankie

stormer2010
01-05-12, 07:45 AM

Hooi! Wel gedaan met die 500 punt cherry pop!

Jy moet in die "my team" seksie wees as jy wil uitruil- nie "transfers" nie, anders verkoop jy die een, dan die ander en dan kom hulle net weer terug as jy weer hulle selekteer.

Koop eers wie-ookal jy wil bykoop; kom ons se jy is by "transfers" en het JOC, Cruden en Lealifano (op die bankie) en jy wil Cruden en Lealifano ruil... koop eers Peter Grant dan het jy vol getalle en 'n geldige span vir die rondte (jy sal nie toegelaat word om uit "transfers" te gaan sonder 'n geldige span nie of dit sal net jou span onveranderd wys as jy nou oorgaan nie die "my team" seksie). Daarna gaan jy na die "my team" seksie deur op die ooreenstemmende "tab" te klik. Daar klik jy dan op die twee spelers swie jy wil uitruil se pyltjies om jou speler op die bankie in te bring en 'n ander uit te laat sit. Laat weet maar as ek nie duidelik genoeg was nie en sterkte!

Gena_ZA
02-05-12, 10:22 AM
shot dankie, ek was toe al die tyd net op verkeerde tab gewees...

Cheers

stormer2010
03-05-12, 11:24 AM
So die Bulle gaan die Stormers verbygaan oor die naweek. Ek kan nie sien hoe hul nie 5 punte teen wat maar 'n kak Rebels span is gaan optel nie, selfs al is dit hul eerste toerwedstryd en hulle van 'n bye af kom. Die Bulle het nie juis beserings om van te praat nie en as hulle 3 van hul komende wedstryde wen sal hulle in 'n baie goeie posisie wees. Makliker gese as gedoen so ons sal maar sien. Hulle behoort teen minste 11 punte op toer op te tel as jy my vra.

Nou is die Stormers terug tuis en ek kan hul sien al hul wedstryde wat kom wen. Die taaistes sal wees teen die Bulle en Sharks weg.. ek wil se die Cheetahs, maar dink nie regtig hul staan 'n kans sonder Goosen nie, nie teensy die Stormers kak aanjaag en/of baie beserings optel nie. Waratahs is ook ons bitch die laaste paar jaar gewees en dit sal nie verander het sonder Beale en Mitchell nie. Teen die Leeus en Rebels tuis moet ons asseblief tog net vir 'n slag 5-drie bonus punte kry anders weet ek darem nie..

Shosoloza
07-05-12, 07:24 AM
[QUOTE=stormer2010;499126 500 punt cherry pop!

[/QUOTE] Mmmmm praat julle ouens nog oor rugby?

heineken
07-05-12, 08:26 AM
Het Julle 7's gekyk die naweek?? wie is daai twat wat vir die bokke gespeel het wat lyk soos Ninja van Die Antwoord?? Fok sy hare het fokken kak sleg zef gelyk!!

Gena_ZA
07-05-12, 09:03 AM
Nee, skip gegee want geweet ons gaan fail

Hier is my huidige Bok Barometer tov vorm in die S15 en wat ek dink Heyneke gaan doen, 2de kolom is ouens wat my impress het, wat seg julle?
Jean de Villiers as kaptein

15
Jo Pietersen
Andries Coetzee

14
Gio Aplon
Lwazi Mvovo

13
Jean De Villiers
JJ Engelbrecht

12
Francois Steyn
Juan de Jongh

11
Brian Habanna
Bjorn Basson

10
Patrick Lambie
Peter Grant

9
Francois Hougaard
Piet van Zyl

8
Piere Spies
Keegan Daniel

7
Jacques Potgieter
Marcell Coetzee

6
CJ Stander
Heinrich Brussauw

5
Andries Bekker
Juande Kruger

4
Eben Etzebeth
Flip vd Merwe

3
Coenie Oosthuizen
Pat Cilliers

2
Adriaaan Strauss
Bismark du Plessis

1
Dean Greyling
WP Nel

heineken
07-05-12, 09:29 AM
Ja wat! daai lyk goed, behalwe jy kan maar vir Jaqcues daar uithaal... Hys uit tot na die Engeland Toetse

Gena_ZA
07-05-12, 09:40 AM
eish, wie sal jul dan voorstel manne?

CJ moet daar wees, al is dit op 7, dan seker maar vir Brussauw op 6?

heineken
07-05-12, 09:45 AM
Willem Alberts? Deon Stegman? Iemand wat al in 'n bok-trui was...

stormer2010
07-05-12, 10:08 AM
Daai span lyk nie te sleg nie. Behalwe vir Potgieter wat ook nou beseer is sou ek net aanbeveel;

- WP Nel is 'n vaskopstut en ek sou hom nie skuif nie.
- Ek is 'n groot Coenie Oosthuizen fan, maar net vir die Cheetahs en net op loskop waar hy speel. Ek sal eerder een van Beast of Guthro ingooi vir nou en later een van Steven Kitshoff of Caylib Oosthuizen as Dean Greyling se deputy instel.
- Vervang Andries Coetzee met Zane Kirschner vir nou (so veel soos wat ek die ou nie laaik nie)
- Flip van der Merwe is te ongedisiplineerd. Ek sou Gerhard Mostert verkies of Steven Sykes as hy nie beskikbaar is nie.
- Met Potgieter beseer (wat vir my geld 'n seker Bok sou wees met die beserings vir Burger, Vermeulen, D Potgieter en Smith en Alberts se swak spelpeil).... ek weet nie... Lappies Labuschagne het goed gelyk in Currie cup , maar het nog geen speelkans vanjaar gehad met beserings nie... Strauss, Kolisi.... Van der Walt? Ek dink nie dit maak so erg saak nie, want daar is reeds 5 ander in jou span so die 6de gaan in elk geval nie speel nie en dan is Burger, Smith, J Potgieter en Vermeulen ook nog daar as hulle herstel het.

Soos Heineken hierbo; iemand wat al groen gedra het omdat die Bok trui nie suigstokkies is nie.

heineken
07-05-12, 10:27 AM
Hel, ek het skoon vergeet van Flo!! ek sien die Stormers wil hom terug kry van Bath af...

stormer2010
07-05-12, 02:55 PM
Blykbaar het die Stormers nou gese die FLouw jag storie is onwaar. Wel, hopelik sal een van Burger, Vermeulen of Koster vinniger eerder as later terug wees, want anders sit ons met probleme as een van Carr, Kolisi of Elstadt beseer word.

Op 'n ander punt, kom ons +1 rep mekaar hier sommer vir kak praat en om mekaar uit te help, LOL. Ek sien 'n paar manne hier se 'rep bars' issie vollie. Noem dit kulturele aanmoediging vir Afrikaanse taalbelange bevorder.

Gena_ZA
07-05-12, 03:06 PM
gedoen :)

heineken
08-05-12, 05:55 AM

Laat my dink aan die goeie ou dae van Apartheid!! Goeie Werk!!

stormer2010
08-05-12, 06:50 AM
Ons voorvaders het opgefok met Apartheid. Dis miskien veel gevra, maar hulle moes die kak sien kom het dat ons 'n minderheid in die land (soos die grense daargestel is deur die Engelse) was en of

1 die land se grense aangepas het deur SA te deel in afsonderlikke onafhanklike identiteite of
2 federasies met meer logiese grense en meer regte en grond aan die nie-blankes; nie so erg gediskrimineer het nie; die swart tuislande was onlogies klein en agtergelaat.

Dit daar gestel het die swart mense self nie veel gedoen om hul eie lot te verbeter nie en wou eerder mou vashou.

Nou is ons 'n minderhied in 'n land wat agteruitgaan in baie fasette. Ek stel nie belang in trek oorsee en steeds 'n minderheid wees nie, ook nie in die huidige situasie nie, want dinge gaan net vererger wanneer Malema se generasie- wat basies opgelei is as terroriste- intree, maar afstig is 'n taai effere. Daar is altyd die opsie van landherwinning uit die see en 'n plek soos die Agulhas plateau en/of Crozet eiland en suid-Madagaskar plateaus is opsies, maar sal 'n helse projek wees (grootste en diepste nog aangepak), maar as die Nederlanders dit kan doen (landherwinning) kan ons seker ook as die wil daar is.

heineken
08-05-12, 07:03 AM

Een van jou eerste vakke wat jy swot as jy prokerower swot is die Oorsprong van die Suid Afrikaanse reg, en dan bietjie later Staatsreg... Nou in daai 2 vakke praat hulle eindeloos oor hoe ons regstelsel gechop en change was deur die jare en hoe Engeland, die Nederlanders ensovoorts elkeen 'n bydrae gemaak het.

Nou dat jy praat van Federasies, In die laat 1970's, het die kabinet dit oorweeg om SA te omskep in 'n federasie staat, en dat die ou Transvaal (nou Gauteng, Limpopo, Noord-wes en Ma-poep-al-lankal) een federasie vorm, Vrystaat en Noord-kaap saam, Natal op sy eie en Oos en Wes Kaap saam... M.A.W. 4 federasies onder een staat. maar 'n klomp mense het dit teengestaan (weens hul eie windgatgeit en dom planne om hulself ryk te maak. so dit was vinnig gestop... Maar dink net hoe sou ons rugby dan gewees het?? Lions en Bulle saam, Kings en WP saam, Natal nogsteeds alleen, en Vrystaat en Griquas nogsteeds saam...

stormer2010
08-05-12, 07:34 AM

Ek het al so iets gehoor. Nogal jammer dit het skeefgeloop, maar terselfdertyd sou dit 'n fokop gewees het om die Wes Kaap en Oos Kaap saam te bliksem LOL. Verskillende klimate, mense, tradisies en waardes. Wel PE, Uitenhage en dies meer bygebring het, maar nie die hele fokken Oos-Kaap nie LOL, asseblief tog net nie.

Ek sou ook Transvaal gesplit het in Transvaal en groot Limpopo (nou nie volgens hoe die grense van limpopo vandag lyk nie, maar dele daarvan en van Mpumalanga) en erens plek gemaak het vir die Zulu's.

heineken
08-05-12, 07:45 AM

My oom het 'n lekker skietbaan op sy plaas...

stormer2010
08-05-12, 08:16 AM
LOL, jy is 'n bietjie gematig as ekke.

heineken
08-05-12, 08:19 AM
LOL, jy is 'n bietjie gematig as ekke.

ja wel ons sal moet wees... na die dom modelle sulke rassis kak op twitter gesê het moet ons op ons hoede wees...

Gena_ZA
08-05-12, 08:23 AM
kyk rugby, drink rum, chillax
Dink ek voel vir politiek soveel as vir Tom carter - f-oll
Lewe te kort om oor sulke stront te worry, as ek na al die doemprofete moes luister sou ons al 23 keer dood gewees he, bla blah f-king bla

gingergenius
08-05-12, 08:23 AM
Laat my dink aan die goeie ou dae van Apartheid!! Goeie Werk!!

???

heineken
08-05-12, 08:34 AM
sien julle ook die gemmerninja wat ons dophou met valkoë? hulle beter nou nie die dam onder die eend uitruk nie... Bwhahahaha

Gena_ZA
08-05-12, 08:46 AM
hou net persektief kerels, dis 'n rugby forum

stormer2010
08-05-12, 08:51 AM
O, ek lag te lekker. Ek dink beide ek en Heineken word te ernstig opgeneem.

'n Boer se enigste kommer oor politiek is oor hoe om daarvan weg te kom, dis al wat hierbo aangaan, moenie worry nie.

So.... eerste Springbok toets onder Meyer is in 'n maand se tyd. Erm, wat dink julle manne?

heineken
08-05-12, 08:54 AM
hou net persektief kerels, dis 'n rugby forum

lol, ek probeer, maar dis moeilik, ek begin Maandag met eksamens! en ek sit nou by die werk en het net 'n tos dag... en daar is nie veel aktiwiteit op die forum tans nie... so dit gaan maar beroerd...

stormer2010
08-05-12, 08:56 AM
???

I believe he was sarcastically referencing the nepotism of the old days.

Gena_ZA
08-05-12, 09:02 AM
Als hang af van beserings en burnout, moeilik om te skat maar altyd positief

stormer2010
08-05-12, 09:21 AM
Is ek die enigste een hier wat dink ons gaan die Engelse ordentlik pak gee? Ek praat nou van met so 20 tot 30 punte klop in teen miste twee van die toetse. Onervare of nie daar is heelwat kwaliteit en ek glo nie 'burn-out' is a faktor as jy die groen trui aantrek nie... miskien sal die Super rugby spanne wat baie toetsspelers afgestaan het daarna sukkel.

Die Engese sukkel die laaste tyd teen ons, want ons speel 'n redelik eenderse spel, maar net beter en reserveer maar altyd ons beste vertonings vir die 'ou vyand'.

Gena_ZA
08-05-12, 09:24 AM
My hart stem saam met jou

Realiteite sê my Heineke het net een week om voor te berei en ons het baie beserings en hulle is uitgerus
So ek bly optimisties maar die eerste toets gaan nader wees as wat ons verwag

heineken
08-05-12, 09:34 AM
Ek dink die eerste toets gaan 'n moeilike een wees... die manne gaan nie lekker gel nie en daar behoort 'n hele paar foute te wees, daarom dink ek vir die eerste toets moet Heyneke maar eerder meer ouens kies wat alreeds in die bokspan was en eers in die 2de toets die onervare manne die go-ahead gee...

Die eerste toets behoort ons so tussen 7 en 15 punte te wen... Eerlik waar dink ek ons gaan hulle opfok van alle kante af!

stormer2010
08-05-12, 10:16 AM

LOL, ek weet nie wat om van hierdie post te maak nie- dit lyk of jou hart en kop stry gekry het;

- "die eerste toets gaan 'n moeilike een wees"

- "met so 7 na 15 wen"

- "gaan hulle opfok van alle kante af"

Ek gaan aanneem jy kies ons met 11 punte vir die eerste toets dan, LOL.

heineken
08-05-12, 10:44 AM

Haha

wat ek eintlik bedoel daarmee is dat in die 2de en 3de toets gaan ons met so 30 na 40 punte wen... en daarom dink ek die 1ste toets gaan maar 'n gesukkel wees rakende opfokkery... ek weet ons gaan hulle wen

stormer2010
08-05-12, 10:59 AM
'n Ge-opfokkery is verseker op die kaarte. Laat ek dan die een wees wat waag en voorspel dat die eerste die grootse oorwinning gaan wees.... maar miskien moet ek maar eers wag vir Meyer se eerste spankeuse.

Sker
08-05-12, 08:05 PM
Jy weet heineken, die dokter kan vir jou wonderlike pilletjies voorskryf vir jou bi-polere sindroom, veral as jy daai kak fyn maak en snuif. sjoe!

:P :P :P

heineken
09-05-12, 06:03 AM
wat kan ek sê?

dis soos daai grappie van Jannie wat by die huis instap en vir sy Ouma vra: "Het Ouma dalk my LSD pille gesien??"

Sy Ouma sê: "Nee my kind, maar het jy daai Drake in die kombuis gesien??"

Gena_ZA
09-05-12, 10:09 AM
Ek lees Fourie du Preez het hom beskikbaar gestel vir die Bokke vir die Junie toetse, hmmmmm

Shosoloza
09-05-12, 10:23 AM
Julle ouens klink geniune verveeld.

Wat is julle ouens se opinie oor saterdag se stormer/ cheeta game.

cheetas het weer lekker rond getos teen veral die highlanders en gaan weer buite hulle self speel teen die stormers. Ek hoop hulle word volgende jaar gedrop vir die kings, want al wat hulle doen is om NZ en Oz te help deur kak aan te jaag teen hulle (lees highlanders) en dan speel hulle ver bo hulle vermoë teen die SA spanne veral die wat 'n kans het vir play-offs.

Gena my bokspan:

15: Joe- jy weet ek is nog altyd 'n groot fan van hom
14: Bjorn
13: JdV Kaptein
12: Frans Steyn
11: Habana - hy lyk weer skerp die jaar
10: Morne- het weer sy klas gewys teen rebels
9- Hougaardt
8- Spies
7- CJ
6- Brussouw
5- Juandre
4- Etsebeth
3- Werner Kruger
2- Strauss
1- Dean

Heyneke se span (volgens die anti heyneke klub)

15 - Jaco vd Westhuizen
14 - Akona
13- Meisiekind
12 - Ettienne Botha, Ja ek weet maar kyk wat het met Lazarus gebeur
11 - Habana
10 - Derrick Hougaard
9 - FDP
8 - Anton Leonard
7 - Spies
6 - Pedrie Wannenburg
5- Victor
4 - Bakkies
3- Bees Roux - Hy is die beste as dit kom by self defence
2- Gary Botha
1- Guthro

Nie spelende kaptein- Joost

heineken
09-05-12, 10:26 AM
Heyneke se span (volgens die anti heyneke klub)

15 - Jaco vd Westhuizen
14 - Akona
13- Meisiekind
12 - Ettienne Botha, Ja ek weet maar kyk wat het met Lazarus gebeur
11 - Habana
10 - Derrick Hougaard
9 - FDP
8 - Anton Leonard
7 - Spies
6 - Pedrie Wannenburg
5- Victor
4 - Bakkies
3- Bees Roux
2- Gary Botha
1- Guthro

Nie spelende kaptein- Joost

BWAHAHAHAHA!! Daai is Kwaliteit!!!

Sker
09-05-12, 10:52 AM
Dit was 'n drop ref!

Gena_ZA
09-05-12, 11:20 AM
Cheetahs beteken baie meer as die Lions wat gedrop moet word - weet jy like nie die Cheethas nie maar die Lions se rekord is baie swakker
Stormers gaan oor hul storm Saterdag

lol vir jou 2de span, vet lol!

Bull
09-05-12, 12:02 PM
Hoe se hulle in engels, scraping the barrel
http://www.sport24.co.za/Rugby/Super15/Stormers-gain-Canadian-loosie-20120509

Gena_ZA
09-05-12, 12:05 PM
hmm, wil hul regtig vir my se dat al die Europese clubs so vol kak is
Baie goeie spelers daar - Big Jo, Pedrie Wannenberg, Saun Sowerby en nog 'n kakhuis vol andere

Sker
14-05-12, 08:07 AM
Nuwe gerigte, berigte? Fok weet. anyway, Heyneke wil glo he JdV moet coach en hy moet op no. 13 speel. Ek dink dis 'n effense kakkerige idee aangesien JdV nie so goed is soos hy altyd was nie en sy span maar net die kakste aanval het in die hele kompetisie. En ek is 'n Stormer wat so se (gedeeltelike cheetah)

Sker
14-05-12, 10:46 AM
Nee, ek stem saam, ons het ons eie styl, JA. Maar met die styl wat ons in die 2007 Wereldbeker gehad het, het ons nogsteeds omtrent elke wedstryd gewen met 4 driee, uitsluitend die twee Engelse games. Dit help nie ons speel soos die Stormers wat die beste fokken verdediging het as enige span in die kompetisie nie, maar ons kry fokol reg nie. Pressure verander nie altyd in punte in nie. Kyk ons spelpatroon in 2009 was wonderlik, mense het ons uitgekak oor ons boring rugby, maar ons het gewen.

Wel toe hou ons aan met daai spelpatroon en ons het nie AANGEPAS nie, en kyk wat het in 2010 en 2011 gebeur. Ons kon fokol attacking rugby speel nie, en ons verdediging was ook maar kak. Dit was te danke aan mense soos JdV en ander ou en stadige fokkers wat nie kon afrond nie.

Kyk, ja. Ons moet verdedig en versigtig speel, en die kicking game gebruik, maar as ons voorspelers goed speel en ons kan bal kry vir ons agterlyn, dan moet fokkers soos JdV nie net reguit in die opposisie vashardloop en absoluut fokol regkry nie. In 2008 het hy deur die verdediging gesny soos 'n mes deur botter. Nou fokken hardloop hy net kop eerste in soos 'n jagse buffel. (nie heineken nie)

As ons die bal kry moet ons nie dit gaan fokken wegskop permanent nie, want dit werk nie altyd nie. Ons gaan juis afkak as ons weer heeltyd hoe balle skop teen NZ en Aus, want dan hardloop hulle ons in flenters. Ja probeer dit, en ja try dit, en as dit genoeg druk veroorsaak kan ons tries score. Maar ek sal graag wil sien dat ons agterlyn begin leer hoe om die bal bietjie te fokken versprei, en ons skoppers kan gerus mik vir die KANTLYN van die opposisie se 22, dat ons kan druk daar toepas, nie 'n fokken hoe bal skop en dan druk die ANDER span die drie nie.

In die ou tyd is daar 'n rede hoekom Habana, Paulse, Fourie, Joost so baie drie gedruk het, want ons agterlyn kon tenminste 'n halwe beweging gedoen het. Jy se ons moet nie soos aus en nz speel nie, my fok man, ALMAL gebruik hulle agterlyn, nie net aus en nz nie. ALMAL. dis 'n kak storie "ons het ons eie styl bla bla bla" ek se nie ons moet die heeltyd fokken hardloop nie, of soos aus en nz speel nie. ek se net ons moet ons fokken AGTERLYN GEBRUIK!!!!!!!

stormer2010
14-05-12, 11:27 AM
Ek gee nie om vir skopwerk om die kern van ons spel te vorm nie, maar dan moet ons net soveel na die hoekies toe skop as direk in die lug op en ons lynstaanspel en opvolgwerk op skoppe moet dan akkuraat wees. Verdediging is ook natuurlik dan van primere belang vir die 60% wat jy nie die opposisie gaan omkant vang met die skopwerk nie en om munt te slaan uit die veldvoordeel wat jy behoort te he; pen ulle vas in hul 22 en kry die punte wanneer hulle fouteer. Natuurlik moet die aggressiewe verdediging daar wees om die foute af te dwing, want as jy wag vir 'n span soos NZ om fout te maak, mag jy dalk lank wag.

Gena_ZA
14-05-12, 12:44 PM
Kry 'n skrumsakel wat WIL speel soos Francois en meer en meer joung van Zyl en dinge sal verander.
Fourie in al sy glorie het die game verander na 'n taktiese game deur of self te skop of so stadig skoon te maak dis al wat Morne kon doen

Nuwe era, dink ons kan terug gaan en aanskoulike Bokrugby speel

stormer2010
14-05-12, 01:22 PM
Sien NZ baseer hulle spel op teen aanvalle. Hulle forseer die spanne om the skop dan begin hulle met die teen aanvalle. Hoe meer jy skop hoe meer kak jy. Ek sien ook die kak van fetchers en een tipe flank begin in ons rugby ook in the kruip. Lyk my as jy n fetcher is kry jy a scrumcap. Wat het van die flanke geword wat na sy losskakel kyk, die bal wen en bal hang in die agterlyn? Verdediging is ook nie so moeilik nie. In n wedstryd maak die agterlyn op die meeste 5 laag vatte waar die voorspelers 9 tot 10 maak. So as jy kak tackle dan is jou voorspelers gewoonlike die probleem. Of hulle hang gat op die veld of hulle tackle kak. Mnr. Pierre Spies jy is een van hulle wat soos sy hond se gat tackle. Keegan Daniel, Chadwick, Alberts, Coetzee, Nel, Duvenage almal hulle is gereelde misdadigers wat laagvatte mis. Alberts, Spies en Coetzee se verdediging is gelyk aan JP Petersen en Rob Horne. van der Walt, Kolisi en Brussow maak n helse klomp laag vatte elke game. Maar ons het mos die nuk on spelers te kies wat goed lyk op tv soos n stut wat 20 meter hardloop en n dummy gooi voordat hy score en sulke kak. Dieselfde met die vleuels. Baie keer kies hulle die kak vinnige een wat hol hang uitwyd en klomp driee druk. Dit lyk goed maar dis al wat hy doen. Verder hoor jy vokkel van hom en skrik homself moer toe as hulle op hom afhardloop. Spoed is vokkel werd as jy teen mure vashardloop. Wanneer las het jy n vleuel gesien sidestep in die land? Wanneer laas het ons n agterlyn beweging gesien in die land? Cooper het twee moves in sy arsenaal maar dit werk by keer vir hulle. Een van hulle is daai move wat Pieter Russouw en Lem gedoen het in NZ in Mallet se tyd waar ons hulle 13-3 gewen het. Dis ook die laaste keer wat ons daai move gedoen het. Ek sien die Crusaders begin nou wat die Brumbies gedoen het met tierlanteinkies in die agterlyn. Vok ek weet ons osse kan nie die bal rondsmyt soos hulle nie maar jy hoef nie n groot skill set te he om dit te doen nie. Dis basies net n ekstra speler op n ander plek in die lyn wat n mens nie verwag nie. Maar dis moeilik om sulke goed te doen met n vleuel wat hol hang die heeltyd daar teen die kantlyn of met senters wat die mooiste haarstylle van begin tot einde van die wedstryd asof hulle kamme erens wegsteek. Nie eers te praat van die pap gat binne senters wat nie eers oor die voordeel lyn kan kom nie. Die laaste ordentlike een was Pieter Muller. Met hom kon jy oor die voordeel lyn gekom het van n skrum af. As jy overlap het dan skip jy hom.

'n Paar waardevolle punte. Stem nie orals so seer saam nie of ek is net nie seker na wie jy almal oraal verwys nie. Nomineer asb 'n Bok 22, Grotbewoner?- dit sal nogal waardeer word en ver gaan om jou punte hierbo te illustreer.