[Afrikaans]: Is hier enige Afrikaanse mense?

Page 7 of 13 FirstFirst ... 56789 ... LastLast
  1. #181
    Springbok Traditionalist

    heineken's Avatar
    • South Africa
    • 2,515 posts
    • Joined: Apr 2010
    • From: Polokwane, South Africa
    Blue Bulls
    Quote Originally Posted by stormer2010 View Post
    LOL, weet jy iets wat ek nie weet nie?
    Wel hys beseer en oppad NH as hy nie klaar is nie... en so ver ek weet het New Zealand nog net vir Dan Carter gekies terwyl hy Noord van die ewenaar was...
    The Official 2012 TRF Best Newcomer

  2. # ADS
    Circuit advertisement
    Join Date
    Always
    Location
    Advertising world
    Posts
    Many
     
  3. #182
    Senior Member

    stormer2010's Avatar
    • South Africa
    • 3,127 posts
    • Joined: Sep 2009
    • From: Durbanville, WP, South Africa.
    Western Province
    Quote Originally Posted by heineken View Post
    Wel hys beseer en oppad NH as hy nie klaar is nie... en so ver ek weet het New Zealand nog net vir Dan Carter gekies terwyl hy Noord van die ewenaar was...
    Ek het heeltemal vergeet hy beweeg Noord. Thomson en Messam is nie van dieselfde gehaalte nie. Ook nie Vito nie.

  4. #183
    Senior Member

    Gena_ZA's Avatar
    • South Africa
    • 1,123 posts
    • Joined: Jul 2010
    • From: Centurion, South Africa
    Stormers
    Sien Keo begin praat van Jo van Niekerk en Cronje of 7 wat tans in Frankryk speel, dan kan hul netsowel kyk na Francois Louw as hy nie een van jonger manne nou al wil imbring in die strating line-up nie

  5. #184
    Senior Member

    Gena_ZA's Avatar
    • South Africa
    • 1,123 posts
    • Joined: Jul 2010
    • From: Centurion, South Africa
    Stormers
    Stormer2010,

    Vragie oor die Fox fantasy league asb:

    As ek 'n speler op reserve het, hoe kan ek hom inbring en ruil met huidige gekose speler sonder om klomp transfers te gebruik
    een om die huidiege ou uit te vat en
    een om hom te vervang op die reserves
    een om hom dan in te bring
    - aldans dis hoe ek dit verstaan

    thanks en dankie vir die vorige verduideliking op die main site oor my vorige vrag
    dalk moet ek my opsie gebruik om alles van voor af te doen met die baie byes en 3 van my reserves is Cheethas

  6. #185
    Senior Member

    Bull's Avatar
    • 135 posts
    • Joined: Jul 2004
    • From: Pretoria
    Bulls
    Quote Originally Posted by BadGena View Post
    Sien Keo begin praat van Jo van Niekerk en Cronje of 7 wat tans in Frankryk speel, dan kan hul netsowel kyk na Francois Louw as hy nie een van jonger manne nou al wil imbring in die strating line-up nie
    Jacques Cronje? Ag asseblief Joe van Niekerk is 'n idioot ek het daai poephol nog nooit gerate nie.
    Een keer 'n Bul, altyd 'n Bul!

  7. #186
    Senior Member

    stormer2010's Avatar
    • South Africa
    • 3,127 posts
    • Joined: Sep 2009
    • From: Durbanville, WP, South Africa.
    Western Province
    Quote Originally Posted by BadGena View Post
    Stormer2010,

    Vragie oor die Fox fantasy league asb:

    As ek 'n speler op reserve het, hoe kan ek hom inbring en ruil met huidige gekose speler sonder om klomp transfers te gebruik
    een om die huidiege ou uit te vat en
    een om hom te vervang op die reserves
    een om hom dan in te bring
    - aldans dis hoe ek dit verstaan

    thanks en dankie vir die vorige verduideliking op die main site oor my vorige vrag
    dalk moet ek my opsie gebruik om alles van voor af te doen met die baie byes en 3 van my reserves is Cheethas
    Nee, fok! Gebruik jy tot dusver transfers om manne uit te ruil? By die 'my team' blad is daar onderaan elke speler se trui 'n pyltjie en 'n informasie 'tab'. Klik op die pyltjie van die speler wat jy wil vervang en dan op die pyltjie van die speler waarmee jy hom wil vervang. Hulle behoort om te ruil.

    Ja, ek is 'n groot aanhanger van onmiddelik jou wildcard gebruik as jy vind jy het stront aangejaag, wat ek wel gedoen het aan die begin.

  8. #187
    Senior Member

    Gena_ZA's Avatar
    • South Africa
    • 1,123 posts
    • Joined: Jul 2010
    • From: Centurion, South Africa
    Stormers
    hehe,nee glad nie so erg nie

    Wat ek bedoel is:

    Ek wil twee spelers ruil, huidige haker met die een van in my plaasvervangersbank is, ek kan hul nie net "swop" nie reg?

  9. #188
    Senior Member

    Sker's Avatar
    • South Africa
    • 943 posts
    • Joined: May 2010
    • From: Boland
    South Africa
    Spies die magician en sy disappearing act is nie goed vir die bokke nie, maar miskien kies Meyer vir hom om die bokke te lei...

  10. #189
    Senior Member

    stormer2010's Avatar
    • South Africa
    • 3,127 posts
    • Joined: Sep 2009
    • From: Durbanville, WP, South Africa.
    Western Province
    Quote Originally Posted by BadGena View Post
    hehe,nee glad nie so erg nie

    Wat ek bedoel is:

    Ek wil twee spelers ruil, huidige haker met die een van in my plaasvervangersbank is, ek kan hul nie net "swop" nie reg?
    Jy kan hulle 'straight swop' soos ek daarbo aangedui het. Dit vat nie 'n 'transfer' nie.

    Quote Originally Posted by Sker View Post
    Spies die magician en sy disappearing act is nie goed vir die bokke nie, maar miskien kies Meyer vir hom om die bokke te lei...
    Wat se jy nou eintlik; jy maak dit amper klink na 'n goeie ding? Nie goed genoeg as speler nie, maar kaptein...?

  11. #190
    Springbok Traditionalist

    heineken's Avatar
    • South Africa
    • 2,515 posts
    • Joined: Apr 2010
    • From: Polokwane, South Africa
    Blue Bulls
    Quote Originally Posted by stormer2010 View Post
    Wat se jy nou eintlik; jy maak dit amper klink na 'n goeie ding? Nie goed genoeg as speler nie, maar kaptein...?
    Wat? hoekom praat julle nou van John Smit??
    The Official 2012 TRF Best Newcomer

  12. #191
    Senior Member

    Gena_ZA's Avatar
    • South Africa
    • 1,123 posts
    • Joined: Jul 2010
    • From: Centurion, South Africa
    Stormers
    lol, julle is wacko

  13. #192
    Senior Member

    stormer2010's Avatar
    • South Africa
    • 3,127 posts
    • Joined: Sep 2009
    • From: Durbanville, WP, South Africa.
    Western Province
    Quote Originally Posted by heineken View Post
    Wat? hoekom praat julle nou van John Smit??
    Vra ek ook. Is Spies die nuwe Smit?

  14. #193
    Member

    • South Africa
    • 93 posts
    • Joined: Jan 2012
    Blue Bulls
    Ek het ookal vroeër gesê dat Spies nou die mees ovearrated speler in SA is. Ek is oortuig daarvan dat dit nie goed vir die span dinamika kan wees as almal in die span weet daar is baie beter spelers as die kaptein nie. Dit is OK as daar nie 'n groot verskil in die kaptein en die ander speler/s se spelpeil is nie, maar soos wat ons gehad hetmet Smith en Bismarck kan nnie goed wees nie. In dieselfde asem dink ek ook dat 'n goeie leier wat respek afdwing deur te lei met voorbeeld is net so kardinaal vir 'n span se sukses.

    Die probleem is, daar is nie 'n 8 ste man wat regtig sy hand opsteek nie. Spies se grootste oposisie sal kom van binne die bulle waar CJ, Arno en Dewald beter as hy is en al 3 eintlike 8ste manne is. Ek persoonlik sal spies nie eens vir die bulle kies nie. My mond water oor 'n trio van 6- CJ, 7- JP en 8 Dewald. (indien almal fiks is) met Arno op die bench, maar ek dink tensy Spies seerkry sal dit net 'n droom bly.

    Wat kapteinskap aanbetref dink ek Meyer het 'n moerse probleem. Soos ek dit sien het hy 1 van 2 opsies. (In aggenome die beserings op die oomblik.) Bring Victor terug al is dit dan net tot Schalla reg is. (FDP is nie 'n kaptein nie. punt) of wees "bold" en maak iemand soos CJ kaptein wat 'n natuurlike leier is en op huidige spelpeil en beserings in aggenome, in elk geval 'n 1ste keuse is, in my opinie. Ek sal gaan vir CJ.

    Indien Schalla dalk betyds kan herstel sal ek hom die kaptein maak, aangesien hy al kaptein is wat op verdienste sy plek in die span verdien. Ek dink egter nie met die gros huidige jong loosies wat deurkom dat hy in die volgende RWC daar gaan wees nie.

    Op kort en langtermyn sal dit dalk meer sin maak om CJ te kies. Wat ek op goeie gesag van hom verneem het is dat hy iemand is wat 'n moerse sterk "presence" het en 'n baie goeie natuurlike leier is.

    Ek weer die Stormer ouens gaan my aanvat, maar ek dink nie Duanne is soveel beter as Pierre om sy plek in die span in gevaar te stel nie. Ek het nou al geleer dat met alle vorige afrigters bly hulle by die ou in die "saal". Vir iemand anders om die speler te lig moet hy baie beter wees, nie net-net nie. Al aspek waar Spies regtig beter as enige ander 8 in die land is, is met sy lynstaan spel.

    Soos Badgena ook op 'n vorige post gesê het kan mens kyk na Adriaan Strauss wat op die oomblik die beste haker is, en ook 'n baie goeie kaptein is. Die probleem is Bismarck glo ek sal binnekort weer sy beste vorm bereik. Vorm is tydelik en klas is permanent en bissie het klas.

    ek hoor graag julle ander "boere" se opinie.
    Last edited by Shosoloza; 26-04-12 at 12:02 PM. Reason: spelling

  15. #194
    Senior Member

    Gena_ZA's Avatar
    • South Africa
    • 1,123 posts
    • Joined: Jul 2010
    • From: Centurion, South Africa
    Stormers
    goeie post maat, verskil tussen Duanne en Spies is Spies is veronderstel (met sy grootte en krag) om die ouens vrot te speel, duik en donner en hy doen die teenoorgestelde. Duanne, Daniels en Strauss beteken meer want hulle "speel" meer, op meeste vlakke. Spies troef hul wel in die lynstaan en op ope spoed. Dalk het Pierre ook 'n "pressense" op die speelveld en hy commit meer verdedegers as die ander, dit tel ook punte
    In slotsom, wil net hê Pierre moet graag meer doen met sy natuurlike talente.
    Ek sal nie gaan toi-toi as hy gekies word nie maar sal bitter graag vir Stander en of Potgieter daar iewers wil sien.
    Ek hoop regtig nie Heyneke bring 'n oorsese no 7 in nie, hy het genoeg jongmanne wat puik is en puik speel.

    Ek bly meer 'n fan van Strauss fan as van 'n Bismark, maar shame tov Bismark, hy is al soveel keer in die ore gespyker deur SA rugby, dalk moet hy 'n extended run kry

  16. #195
    Member

    • South Africa
    • 93 posts
    • Joined: Jan 2012
    Blue Bulls
    Stem saam met jou oor die hakers. Strauss is 'n harde en eerlike speler en hy staan week na week uit in 'n swakkerige span wat op die agtervoet is. Ek hou nie baie van Bismarck nie. Hy het daai tipiese Vrystaat boelie mantaliteit wat Ollie gehad het en Coenie Oosthuisen ook het, maar hy het tot en met die jaar baie goeie rugby gespeel.

    Dalk voel hy, hy is die logiese keuse op 2 noudat JS klaar is, maar "n mens kan nie die huidige spel van Chillie en Adriaan ignoreer nie.

    My persoonlike gevoel omtrent Spies is dat hy te veel ge"bulk" het. In 2010 was hy nog goed, maar laasjaar en die jaar sover is hy 'n skadu van waartoe hy werklik in staat is. Hy het ook heelwat vaart in geboet. Ek dink hy moet bietjie aggresie kry. Waar het jy gesien jy heelagter (leeus) duik hom terug waar hy op volle vaart is. Ek kan verstaan dat met 'n goeie duikslag die outjie hom kon grond toe bring, maar nie terugduik nie!!

    Sterkte vir julle laaste game op toer. Ek kan nie sien hoe die force julle gaan stop nie. 13 of moontlike 14 punte uit die toer uit sal great wees.

  17. #196
    Senior Member

    stormer2010's Avatar
    • South Africa
    • 3,127 posts
    • Joined: Sep 2009
    • From: Durbanville, WP, South Africa.
    Western Province
    Quote Originally Posted by Shosoloza View Post
    Ek het ookal vroeër gesê dat Spies nou die mees ovearrated speler in SA is. Ek is oortuig daarvan dat dit nie goed vir die span dinamika kan wees as almal in die span weet daar is baie beter spelers as die kaptein nie. Dit is OK as daar nie 'n groot verskil in die kaptein en die ander speler/s se spelpeil is nie, maar soos wat ons gehad hetmet Smith en Bismarck kan nnie goed wees nie. In dieselfde asem dink ek ook dat 'n goeie leier wat respek afdwing deur te lei met voorbeeld is net so kardinaal vir 'n span se sukses.

    Die probleem is, daar is nie 'n 8 ste man wat regtig sy hand opsteek nie. Spies se grootste oposisie sal kom van binne die bulle waar CJ, Arno en Dewald beter as hy is en al 3 eintlike 8ste manne is. Ek persoonlik sal spies nie eens vir die bulle kies nie. My mond water oor 'n trio van 6- CJ, 7- JP en 8 Dewald. (indien almal fiks is) met Arno op die bench, maar ek dink tensy Spies seerkry sal dit net 'n droom bly.

    Wat kapteinskap aanbetref dink ek Meyer het 'n moerse probleem. Soos ek dit sien het hy 1 van 2 opsies. (In aggenome die beserings op die oomblik.) Bring Victor terug al is dit dan net tot Schalla reg is. (FDP is nie 'n kaptein nie. punt) of wees "bold" en maak iemand soos CJ kaptein wat 'n natuurlike leier is en op huidige spelpeil en beserings in aggenome, in elk geval 'n 1ste keuse is, in my opinie. Ek sal gaan vir CJ.

    Indien Schalla dalk betyds kan herstel sal ek hom die kaptein maak, aangesien hy al kaptein is wat op verdienste sy plek in die span verdien. Ek dink egter nie met die gros huidige jong loosies wat deurkom dat hy in die volgende RWC daar gaan wees nie.

    Op kort en langtermyn sal dit dalk meer sin maak om CJ te kies. Wat ek op goeie gesag van hom verneem het is dat hy iemand is wat 'n moerse sterk "presence" het en 'n baie goeie natuurlike leier is.

    Ek weer die Stormer ouens gaan my aanvat, maar ek dink nie Duanne is soveel beter as Pierre om sy plek in die span in gevaar te stel nie. Ek het nou al geleer dat met alle vorige afrigters bly hulle by die ou in die "saal". Vir iemand anders om die speler te lig moet hy baie beter wees, nie net-net nie. Al aspek waar Spies regtig beter as enige ander 8 in die land is, is met sy lynstaan spel.

    Soos Badgena ook op 'n vorige post gesê het kan mens kyk na Adriaan Strauss wat op die oomblik die beste haker is, en ook 'n baie goeie kaptein is. Die probleem is Bismarck glo ek sal binnekort weer sy beste vorm bereik. Vorm is tydelik en klas is permanent en bissie het klas.

    ek hoor graag julle ander "boere" se opinie.
    Ek gaan hier met die gatkant inval en vra hoekom jy na ander manne verwys as "boere" en nie Boere nie? Ek voel so bietjie in die gesig gevat.

    Op 'n ernstiger (of is dit nou ligter? ;P) noot- ek stem saam (Stander is 'n besliste opsie en amper 'n versekere opsie as mens nou al kyk na werk na die toekoms), ek stem saam (Spies is redelik anoniem op die veld en veral vir 'n kaptein) en weereens, ek stem saam (dat WP manne met jou gaan verskil oor Vermeulen) en hier's hoekom;

    hy vat vas, hy dryf manne terug in die duikslag wat momentum stop en dit maklik maak vir iemand soos Brussow om bal te steel, hy maak nie fout op verdediging nie, hy draai opposisie balbesit om in jou 22 redelik gereeld (hou bietjie dop) en hy vat keer as hy bal dra en verloor nie sommer daai bal as daar ondersteuning naby is nie. Hy is net meer akkuraat met en konstant met wat hy doen as enige ander 8 in SA. Hy is nie die vinnigste nie, maar kies dan iemand soos Stander, Potgieter of Coetzee op 7. Burger as jy nog 'n goeie lynstaan opsie soek.
    Last edited by stormer2010; 26-04-12 at 03:17 PM.

  18. #197
    Member

    • South Africa
    • 93 posts
    • Joined: Jan 2012
    Blue Bulls
    Quote Originally Posted by stormer2010 View Post
    Ek gaan hier met die gatkant inval en vra hoekom jy na ander manne verwys as "boere" en nie Boere nie? Ek voel so bietjie in die gesig gevat.
    Wel, as ek Boere i.p.v. boere gebruik het sou dit daar op neerkom dat mede Bull ondersteuners saam mag praat. Deur boere te gebruik sluit ek julle stormers by die gesprek in. Die versoeking was egter groot om te sê: "Ek hoor graag julle Boere en kolonialiste se mening", maar ek het nie geweet hoe dit by julle sou afgaan nie.

    Toemaar ek joke net. Terug by die rugby. Weet Julle wat geniet ek van die website, veral die afrikaanse blad, is die feit dat Ons van mekaar kan verskil soos Grootmense sonder om die ander Ou af te kraak bloot oor Hy 'n ander span ondersteun. Dis juis oor die rede wat ek 'n hele paar jaar terug weg is by keo.

    Dis ook lekker dat Jy redes gee oor hoekom Jy van my verskil betreffende Duanne anders as om net sê: "sorry Duanne is die beste en klaar"

    Ek hoor Jou menings en Jy maak wel geldige punte. Jy is heeltemal korrek as Jy sê Duanne doen wat hy doen dalk nie uitstekend nie, maar wel konstant. Dit is egter een aspek van die hele stormer span is die feit dat hulle konstant goeie rugby speel. Ek het al opgemerk dat Spies wel ouens terugdra, maar soos Jy sê, hy moet eers die ou in die hande kry en dan is dit ook nie elke keer nie.

    Al rede hoekom ek glo Heineke gaan Spies kies is omdat daar nie ander 8 (eerste keuses in hulle franchise) is wat regtig soveel beter is as Spies nie. Ons almal weet al dat vir 'n speler om 'n ander een uit die saal te lig, moet hy regtig heelwat beter wees en nie net-net nie. Persoonlik dink ek nie Duanne is soveel beter as Spies nie en verder is Duanne ook geneig om by "van-die-bal-af insidente" betrokke te raak. Hoe maar bietjie dop, as daar 'n geplukkrey en stampery is, is Duanne en Tiaan daar.

    As ek nou 'n lostrio moet kies uit die huidige beskikbare spelers sal dit so wees: 8- CJ, 7- Jacques Potgieter, 6- Brusouw. Hulle is huidiglik die vorm spelers, maar ek weet HM sal gaan vir ervaring. Kolisi en Marcel Coetzee is nie ver agter nie. Ek dink regtig dat CJ 'n baie spesiale speler is en hy verbeter met elke wedstryd. Sy werkverrigting en betrokkenheid by die spel is tans die beste in die land.

  19. #198
    Springbok Traditionalist

    heineken's Avatar
    • South Africa
    • 2,515 posts
    • Joined: Apr 2010
    • From: Polokwane, South Africa
    Blue Bulls
    Kan ek net gou hier inspring om iets te noem, en julle is meer as welkom om my aan te vat hieroor.

    Ek is 'n Groot Spies-aanhanger, vir 'n hele paar redes. en ek verstaan heeltemal wat julle sê oor sy spel en so aan. maar ek dink persoonlik hy as speler het baie gegroei vandat hy Kaptein is van die Bulls. Hy het bewys hy kan meer vas speel, en die statistieke wys dat hy een van die ouens in die kompetisie is wat al die meeste duikslae suksesvol gemaak het.

    Dit bygesê, as hy vir die Bokke speel, is hy weer saam Heyneke, die ou wat hom 'n 8ste man gemaak het, die ou wat hom geleer het hoe om die monster te wees wat almal op 'n stadium gevrees het, Ek dink dit kan net 'n goeie ding wees om vir Pierre en Heyneke weer met mekaar te herenig???
    The Official 2012 TRF Best Newcomer

  20. #199
    Senior Member

    Gena_ZA's Avatar
    • South Africa
    • 1,123 posts
    • Joined: Jul 2010
    • From: Centurion, South Africa
    Stormers
    Spies sal ons Bok no 8 wees, dalk nog kaptein ook, ten mmiste vir die Junie toetse dink ek

  21. #200

    LOL, dankie vir jou inagneming van ons arme siele hier in die skone Kaap. Ek waardeer ook die debat (hier by TRF.com) en selfs die spot hier en daar dryf. Ons kan lank debateer oor die term van 'Boer' en wat Boerwees behels. Ek kan nou eintlik nie praat van die manne wie se families al van die begin af hier in die Kaap was nie; ek kom oorspronklik van Pretoria af (in doeke). My Pa is 'n bul ondersteuner, maar ek het vir WP gehardloop en ken eintlik maar net die Kaap so dit voel net reg om die WP te ondersteun. Maar Boer is ek Boer. My oupa-grootjie was selfs genrl C de Wet se regterhand-man en ek het briewe en baie interesanthede van die Anglo-Boere-oorlog (vryheidsoorlog).

    Ek hoor wat jy se oor Spies en dat die besluitnemers nie sommer iemand uit sy plek uit lig nie en ek stem selfs saam dat Spies se spelpyl effe gelig het nadat hy die kapteinskap daarbo nou oorgeneem het. Ek stem saam dat mens nie sommer net so 'n verandering moet maak nie, maar Spies poer-poer nou al net te lank saam in 'n groen trui na my mening. Selfde ding geld vir my vir Habana; hy speel nou beter as voorheen, maar ek sal nie omgee om 'n vars gesig vir die Bokke te sien uitdraf nie. Miskien nie nou al teen die Engelse nie, maar waaragtig, dit sal vir my 'n jammerte wees as daar teen die einde van die jaar nie beloning is vir die beter spelers nie (in stede van die ouens wat maar net daar is omdat hulle daar is).

  22. #201
    Senior Member

    stormer2010's Avatar
    • South Africa
    • 3,127 posts
    • Joined: Sep 2009
    • From: Durbanville, WP, South Africa.
    Western Province
    Quote Originally Posted by heineken View Post
    Kan ek net gou hier inspring om iets te noem, en julle is meer as welkom om my aan te vat hieroor.

    Ek is 'n Groot Spies-aanhanger, vir 'n hele paar redes. en ek verstaan heeltemal wat julle sê oor sy spel en so aan. maar ek dink persoonlik hy as speler het baie gegroei vandat hy Kaptein is van die Bulls. Hy het bewys hy kan meer vas speel, en die statistieke wys dat hy een van die ouens in die kompetisie is wat al die meeste duikslae suksesvol gemaak het.

    Dit bygesê, as hy vir die Bokke speel, is hy weer saam Heyneke, die ou wat hom 'n 8ste man gemaak het, die ou wat hom geleer het hoe om die monster te wees wat almal op 'n stadium gevrees het, Ek dink dit kan net 'n goeie ding wees om vir Pierre en Heyneke weer met mekaar te herenig???
    Ek stem tot 'n mate saam en is seker Spies sal sy geleentheid kry (soos Badgena hierbo verwys na die Junie toetse). My hoop is dat as hy dit nie gebruik nie daar plek gemaak sal word vir iemand wat dit dalk meer sal waardeer en wel die geleentheid gebruik.

  23. #202
    Senior Member

    Gena_ZA's Avatar
    • South Africa
    • 1,123 posts
    • Joined: Jul 2010
    • From: Centurion, South Africa
    Stormers
    stormer2010 , het toe my wildcard getrek op die fantasy league en vir die eerste keer die 500 punt merk oortref.
    Stem steeds nie lekker saam met die "subs" seksie nie

    Gaan scenario gou gooi,

    Vat net 2 spelers op inside backs, Cruden en op sub is Lealifano. Right ek wil he Lealifano moet eerder in my begin span wees - hoe kry ek hom daar?
    As ek op die pyltjie click en hom afhaal, selle ook vir Cruden, dan wil ek Lealifano weer kies in Cruden se plek en Cruden as 'n substitude. Dit kan nie gebeur nie, as ek enige van die 2 weer kies, in enige volgorde, word hul terugggesit op die oorspronklike plekke waar hul was.
    Ek kry geen manier om hulle net to "swop" nie

    Kan jy uithelp asb, dankie
    Last edited by Gena_ZA; 30-04-12 at 01:11 PM.

  24. #203
    Senior Member

    stormer2010's Avatar
    • South Africa
    • 3,127 posts
    • Joined: Sep 2009
    • From: Durbanville, WP, South Africa.
    Western Province
    Quote Originally Posted by BadGena View Post
    stormer2010 , het toe my wildcard getrek op die fantasy league en vir die eerste keer die 500 punt merk oortref.
    Stem steeds nie lekker saam met die "subs" seksie nie

    Gaan scenario gou gooi,

    Vat net 2 spelers op inside backs, Cruden en op sub is Lealifano. Right ek wil he Lealifano moet eerder in my begin span wees - hoe kry ek hom daar?
    As ek op die pyltjie click en hom afhaal, selle ook vir Cruden, dan wil ek Lealifano weer kies in Cruden se plek en Cruden as 'n substitude. Dit kan nie gebeur nie, as ek enige van die 2 weer kies, in enige volgorde, word hul terugggesit op die oorspronklike plekke waar hul was.
    Ek kry geen manier om hulle net to "swop" nie

    Kan jy uithelp asb, dankie
    Hooi! Wel gedaan met die 500 punt cherry pop!

    Jy moet in die "my team" seksie wees as jy wil uitruil- nie "transfers" nie, anders verkoop jy die een, dan die ander en dan kom hulle net weer terug as jy weer hulle selekteer.

    Koop eers wie-ookal jy wil bykoop; kom ons se jy is by "transfers" en het JOC, Cruden en Lealifano (op die bankie) en jy wil Cruden en Lealifano ruil... koop eers Peter Grant dan het jy vol getalle en 'n geldige span vir die rondte (jy sal nie toegelaat word om uit "transfers" te gaan sonder 'n geldige span nie of dit sal net jou span onveranderd wys as jy nou oorgaan nie die "my team" seksie). Daarna gaan jy na die "my team" seksie deur op die ooreenstemmende "tab" te klik. Daar klik jy dan op die twee spelers swie jy wil uitruil se pyltjies om jou speler op die bankie in te bring en 'n ander uit te laat sit. Laat weet maar as ek nie duidelik genoeg was nie en sterkte!

  25. #204
    Senior Member

    Gena_ZA's Avatar
    • South Africa
    • 1,123 posts
    • Joined: Jul 2010
    • From: Centurion, South Africa
    Stormers
    shot dankie, ek was toe al die tyd net op verkeerde tab gewees...

    Cheers

  26. #205
    Senior Member

    stormer2010's Avatar
    • South Africa
    • 3,127 posts
    • Joined: Sep 2009
    • From: Durbanville, WP, South Africa.
    Western Province
    So die Bulle gaan die Stormers verbygaan oor die naweek. Ek kan nie sien hoe hul nie 5 punte teen wat maar 'n kak Rebels span is gaan optel nie, selfs al is dit hul eerste toerwedstryd en hulle van 'n bye af kom. Die Bulle het nie juis beserings om van te praat nie en as hulle 3 van hul komende wedstryde wen sal hulle in 'n baie goeie posisie wees. Makliker gese as gedoen so ons sal maar sien. Hulle behoort teen minste 11 punte op toer op te tel as jy my vra.

    Nou is die Stormers terug tuis en ek kan hul sien al hul wedstryde wat kom wen. Die taaistes sal wees teen die Bulle en Sharks weg.. ek wil se die Cheetahs, maar dink nie regtig hul staan 'n kans sonder Goosen nie, nie teensy die Stormers kak aanjaag en/of baie beserings optel nie. Waratahs is ook ons bitch die laaste paar jaar gewees en dit sal nie verander het sonder Beale en Mitchell nie. Teen die Leeus en Rebels tuis moet ons asseblief tog net vir 'n slag 5-drie bonus punte kry anders weet ek darem nie..

  27. #206
    Member

    • South Africa
    • 93 posts
    • Joined: Jan 2012
    Blue Bulls
    [QUOTE=stormer2010;499126 500 punt cherry pop!

    [/QUOTE] Mmmmm praat julle ouens nog oor rugby?

  28. #207
    Springbok Traditionalist

    heineken's Avatar
    • South Africa
    • 2,515 posts
    • Joined: Apr 2010
    • From: Polokwane, South Africa
    Blue Bulls
    Het Julle 7's gekyk die naweek?? wie is daai twat wat vir die bokke gespeel het wat lyk soos Ninja van Die Antwoord?? Fok sy hare het fokken kak sleg zef gelyk!!
    The Official 2012 TRF Best Newcomer

  29. #208
    Senior Member

    Gena_ZA's Avatar
    • South Africa
    • 1,123 posts
    • Joined: Jul 2010
    • From: Centurion, South Africa
    Stormers
    Nee, skip gegee want geweet ons gaan fail

    Hier is my huidige Bok Barometer tov vorm in die S15 en wat ek dink Heyneke gaan doen, 2de kolom is ouens wat my impress het, wat seg julle?
    Jean de Villiers as kaptein

    15 Jo Pietersen Andries Coetzee
    14 Gio Aplon Lwazi Mvovo
    13 Jean De Villiers JJ Engelbrecht
    12 Francois Steyn Juan de Jongh
    11 Brian Habanna Bjorn Basson
    10 Patrick Lambie Peter Grant
    9 Francois Hougaard Piet van Zyl
    8 Piere Spies Keegan Daniel
    7 Jacques Potgieter Marcell Coetzee
    6 CJ Stander Heinrich Brussauw
    5 Andries Bekker Juande Kruger
    4 Eben Etzebeth Flip vd Merwe
    3 Coenie Oosthuizen Pat Cilliers
    2 Adriaaan Strauss Bismark du Plessis
    1 Dean Greyling WP Nel

  30. #209
    Springbok Traditionalist

    heineken's Avatar
    • South Africa
    • 2,515 posts
    • Joined: Apr 2010
    • From: Polokwane, South Africa
    Blue Bulls
    Ja wat! daai lyk goed, behalwe jy kan maar vir Jaqcues daar uithaal... Hys uit tot na die Engeland Toetse
    The Official 2012 TRF Best Newcomer

  31. #210
    Senior Member

    Gena_ZA's Avatar
    • South Africa
    • 1,123 posts
    • Joined: Jul 2010
    • From: Centurion, South Africa
    Stormers
    eish, wie sal jul dan voorstel manne?

    CJ moet daar wees, al is dit op 7, dan seker maar vir Brussauw op 6?
    Last edited by Gena_ZA; 07-05-12 at 09:44 AM.

Page 7 of 13 FirstFirst ... 56789 ... LastLast