• Help Support The Rugby Forum :

[Afrikaans]: Is hier enige Afrikaanse mense?

Ai, donderdag voel so ver weg. Nie dat ek veel veranderinge verwag nie.

Ek't self gedink PSdT verdien om ten minste 'n nominasie te rky vir WR speler van die jaar.

Hul het 'n goeie span. Ek glo nogsteeds hul gaan aan bomskok lei. Hul gaan nie dieselfde spasie en besit geniet wat hul tot op hede gehad het nie. Ek gee die ondersteuners nou maar tou.
 
Hulle het die Ozzies gewen, wat al jare kak is. Het die Bokke nie die Ozzies ver gewen die jaar met 'n B span nie? 9/10 keer sal die AB's meeste spanne wen, na een wedstryd is die Engelse eweskielik nat kak.
 
Donderdag oggend. Ek hoop eintlik ons poes hulle Saterdag want hulle is nou blykbaar die beste span in die wereld na een game. Ek hoop ook ons ouens klap hulle so ver terug dat hulle begin alles skop want hulle kan net nie verby ons reuse kom nie. Om te dink hulle los spelers is nou ewe skielik beter as PSDT laat my kak hard lag.

Ja nee bliksem. Dit is vir my lagwekkend dat ons slotte ook nou ewe skielik nie die beste is nie. Niemand gaan my oorreed dat die souties se slotte beter is as ons manne nie.

Ons moet hulle so hard stamp dat hulle nie moet weet wat om te doen nie. Ons gaan stampkar speel, maar ons speel dit nou teen 'n hoë tempo, met ekstra aggressie. Al wat my bekommer is dat een van ons manne dalk 'n gele of 'n rooie kry. As ons dissipline reg is, sal ons hulle uitoorlê.
 
Hulle het die Ozzies gewen, wat al jare kak is. Het die Bokke nie die Ozzies ver gewen die jaar met 'n B span nie? 9/10 keer sal die AB's meeste spanne wen, na een wedstryd is die Engelse eweskielik nat kak.

Ag laat hulle maar so dink. Die AB's is oud en moeggeploeg. Jy kon dit van die begin af sien, hulle was net nie lus nie. En tog, het die souties nie weggehardloop nie.

Ons manne gaan met alles in. Ons gaan hulle smoor en wurg tot hulle nie meer asem kry nie. Daar is 'n moerse verskil tussen ons en die AB's. Ek gaan nie eers ons eerste wedstryd van die toernooi in ag bring nie. Ek glo vas daar was 'n plan dat ons hom moet verloor, plus dit was maar net die begin. Ons manne het nog gewoond geraak aan als. Dit is nou 'n heeltemal 'n ander ballgame.
 
Ek kyk weer na die wedstryd. Die AB's wou nie die bal skop nie, dit is die groot verskil tussen ons en hulle. Ek het 'n goeie gevoel
 
Ek is bly julle voel dieselfde as ek. Die Engelanders het my deur 'n reeks van emosies laat gaan.

Eers het ek gedink ons staan 'n moerse goeie kans, maar ek het my opinie afgeskaal toe ek begin wonder hoekom almal so baie vertroue het dat Engeland gaan wen. Maar die feit is dat ek dink die posters op hierdie forum is net besig om mekaar te beïnvloed met hulle blindelikse vertroue, ja Engeland was great teen NZ maar ons speel 'n ander game as hulle. Ons verdediging gaan hulle nie die voorvoet bal gee wat hulle nodig het nie, ten minste nie soos teen NZ nie. Dit gaan hulle min tyd op die aanval gee, hulle gaan nie die voordeel lyn so gereeld kan breek nie en die stryd op die grond gaan die wedstryd bepaal.

Ek moet se die ander mense van Engeland waarmee ek gepraat het is baie meer konserwatief en se dit gaan n tight game wees, so ek dink rêrig waar dat daar n vieslike hype trein in die finaal thread is vir Engeland.

Die finaal match thread voel vir my anders as al die vorige games, waar ewe skielik hierdie storm van negatiwiteit op ons neergeval het, dit het met my brein gemors want daai ding het vir my gesê dit is positief om die finaal te maak en nou is ons ewe skielik een van die kakste spanne wat nie eers verdien om hier te wees nie.

Ek dink eerlikwaar ons gaan vir England wen op Saterdag en dan is dit nie net die emosies wat praat nie. Ek se nie ons gan hulle klap nie, Eddie Jones is n slim coach maar ek dink dit kan maklik uitdraai op n score van so 7-5 vir die Bokke. Dit gaan vir my moeilik wees om nederig te bly as ons die finaal wen.

En een laaste ding onthou net hoe het die souties en hulle coaches gesê hulle gaan ons smash toe hulle Suid Afrika getoer het, daardie was die eerste voorbeeld van hierdie confidence wat ons nou sien. Hulle leer nie.
 
Die ding is ook, wie dink julle sal beter lyk met die beker bo hulle koppe? Siya, n ou wat n inspirasie is vir almal, wat n moerse positiewe storie het en hoe ver hy gekom het? Of fokken Owen Farrel? Nee jissus ek sal kots.
 
Ek is bly julle voel dieselfde as ek. Die Engelanders het my deur 'n reeks van emosies laat gaan.

Eers het ek gedink ons staan 'n moerse goeie kans, maar ek het my opinie afgeskaal toe ek begin wonder hoekom almal so baie vertroue het dat Engeland gaan wen. Maar die feit is dat ek dink die posters op hierdie forum is net besig om mekaar te beïnvloed met hulle blindelikse vertroue, ja Engeland was great teen NZ maar ons speel 'n ander game as hulle. Ons verdediging gaan hulle nie die voorvoet bal gee wat hulle nodig het nie, ten minste nie soos teen NZ nie. Dit gaan hulle min tyd op die aanval gee, hulle gaan nie die voordeel lyn so gereeld kan breek nie en die stryd op die grond gaan die wedstryd bepaal.

Ek moet se die ander mense van Engeland waarmee ek gepraat het is baie meer konserwatief en se dit gaan n tight game wees, so ek dink rêrig waar dat daar n vieslike hype trein in die finaal thread is vir Engeland.

Die finaal match thread voel vir my anders as al die vorige games, waar ewe skielik hierdie storm van negatiwiteit op ons neergeval het, dit het met my brein gemors want daai ding het vir my gesê dit is positief om die finaal te maak en nou is ons ewe skielik een van die kakste spanne wat nie eers verdien om hier te wees nie.

Ek dink eerlikwaar ons gaan vir England wen op Saterdag en dan is dit nie net die emosies wat praat nie. Ek se nie ons gan hulle klap nie, Eddie Jones is n slim coach maar ek dink dit kan maklik uitdraai op n score van so 7-5 vir die Bokke. Dit gaan vir my moeilik wees om nederig te bly as ons die finaal wen.

En een laaste ding onthou net hoe het die souties en hulle coaches gesê hulle gaan ons smash toe hulle Suid Afrika getoer het, daardie was die eerste voorbeeld van hierdie confidence wat ons nou sien. Hulle leer nie.

Die ding is, hulle hammer vreeslik baie daarop dat hulle die AB's gewen het, en ons teen hulle verloor het. Maar dit is 2 heeltemal verskillende gevalle. Om 'n vergelyking te maak is soos om die onderwyseresse by Bishops te rate...

Hulle smokkel ook met my kop in daai thread. Die een dag dink o fok ons gaan dit nie maak nie, en die ander dag dan dink ek, ons gaan vir hulle opfok.

Ek persoonlik dink dit gaan 'n bietjie wees soos laasjaar se game teen hulle, behalwe ons gaan hulle nog harder stamp. Daar is definitief 'n slang in die gras, en Rassie het nog nie alles gewys wat ons kan doen nie. Ek dink ook die feit dat Pollard so stil was in die toernooi laat my dink daar is 'n verrassing aan die koms. Of dit gaan werk of nie, is 'n ander vraag.
 
Hel, ek het nie eens gedink dat dit Farrell sou wees wat die beker ontvang as Englenad sou wen nie. Doos. Pleinweg.

Ja, ek dink die Engelse bou hulself op vir 'n lelike val. Die term 'echo chamber' kom na my. Wonder wie hul nou juis probeer oortuig...

Ek het self moes gaan weer kyk na die twee onderskeie semis, ons spel teen NS en dan die detail rondom ons laaste klompie games teen Engeland.

Ons was so ongelooflik oneffektief bal in hand teen Walis en daar was soveel hanteerfoute ek kan net nie glo ons sal skerper wees in die finaal nie. Wallis het ook dieselfde tipe spel teen ons probeer speel as wat ons gedoen het en ek glo Engeland gaan ons eerder probeer aanvat bal in hand - groot fout. Ten minste, dit is wat almal verwag. Jones mag dalk meer pragmaties wees. In elke geval Engeland gaan ons nie van ons voete afhardloop nie. Wallis het ook lae risiko rugby gespeel en nie juis foute gemaak waarvan ons af kon terugslaan in gebroke spel nie.

Met Engeland teen NS was NS net eenvoudig oorweldig deur die druk en het nie 'n plan B gehad nie. Op verdediging het hul teruggestaan en Engeland toegelaat om die bal na hulle te neem. Ek dink ons gaan Engeland agter die voordeellyn gaan haal. As hul dit dan probeer slinger of kleinskop om ons verdediging te probeer klop lê daar net soveel geleenthede vir ons as vir Engeland as ons buitespelers skerp is. Dit is hier waar Am gaan krities wees, maar sy tydsberekening was sover baie goed. Amper onderskep teen Wallis.

Meer belangrik as ons onderskeie semi's is hoe ons teen mekaar gespeel het. Die Engelse gee toe 2006 tot 2016 was daar nie 'n kompetisie nie. Hul wil voorgee dat hulle ons omgekeer het, maar ek het gaan kyk. 2018 se drie toetse het ons met Am, Dyantyi en Nkosi al drie op debut op die vleuels en 13 lelik punte vroeg wyd afgestaan in die eerste twee toetse. Belangrik is in albei was dit basies die laaste punte wat Engeland aangeteken het en ons het teruggekom en die res van die toetse gedomineer. Ek glo ook daardie manne (veral Am) en Mapimpi is nou al meer gemaklik met die verdedigingspatrone. In elk geval, ons gaan Kolbe daar hê. Derde toets wat hul gewen het wil ek amper nie tel nie, want die reeks was reeds gewen en Rassie het dit gebruik om ander manne wat nie gespeel het nie kans te gee. Dan is daar die laaste toets wat ons einde verlede jaar gespeel het in hul agtertuin en ons almal weet ons moes regtig daardie een gekry het met Farrell se skouerloop teen Esterhuizen. Ek glo ook die tussentyd het ons verder gevorder TOV ons spel as hulle.

Dink hulle gaan lelik ontnugter word as dit nie is dat ek nou myself probeer oortuig soos wat ek glo hulle doen nie.
 
Net om by te voeg, in die laaste toets kon Engeland nie 'n drie teen ons druk nie en dan ons beste resultaat onlangs teen hulle was onder Poite as ref so dit kan wees dat Garces se aanstelling 'n gedekte seën is veral in die lig dat ons nou al reeds 2 games saam met hom gehad het in die WB.

Johnny May is ook verreweg hul gevaarlikste speler en dit wys as jy kyk na wie die drieë teen ons gedruk het die laaste tyd en hy is uit.
 
My een vriend het gese hy kan nie Siya die beker sien lig nie. Sy redenasie is hy's nie 'n goeie kaptein nie. Dalk sing hy nou 'n ander deuntjie.
Ek kan regtig nie sien hoe Engeland gaan wen nie. Bokke dink ek gaan iets soos 12-10 wen of so iets. Ek is seker Rassie het 'n paar verassings wat hy teruggehou het spesifiek vir hierdie wedstryd.
 
Siya is n blerrie goeie kaptein. Miskien nie die beste speler nie...

maar as jy daaraan dink, dit was dieselfde met Francois Pienaar
 
Latest posts

Top