• Help Support The Rugby Forum :

[Afrikaans]: Is hier enige Afrikaanse mense?

Nouhoopekmeerasooitdatdiemannewensodatdielandmetdievaringsemenseophierdiebordbietjiekanstilblyoftenminstenetminderpraat
 
Wie's bang? Hulle kan gaan kak, Google Translate en al.

Janee, ek kan sien sekere van hierdie manne weet nog nie waar die lyn is nie en gaan te ver. Fokken amateure.

EDIT:

Hein daai comment wat jy gelos het op my profile, ek het my hol in drie verskillende plekke geskeur :D
 
Haha!!

Ek is bly jy het dit geniet! toe ek student was en baie dronk was, was dit my motto gewees.
 
Ek fokken verstom my, regtig waar. Daar moet altyd iemand wees wat dit een tikkie te ver vat, maak net jou fokken oë oop! Goeieste fok!

/rant

Jammer ouens, maar sekere dom konte maak my ballas lam!
 
Dit **** my so af dat Supersport so baie die 1995 Wereldbeker Finaal wys. Ek kan die NZ ondersteuners meer verdra as dit. En dit se baie.
 
So wat se julle manne van die pad vorentoe vir die Bokke ?

Ek dink Meyer moet bly, maar definitiewe veranderinge aan sy personeel moet aangebring word.

Loubscher en Van Graan moet waai.
Rassie en Allister Coetzee moet aangestel word. Rassie kan help met die voorspelers, maar ook as 'n taktiese/strategiese konsultant dien. Allister vir die agterlyn.

Mense se Johan Ackermann moet aangestel word as hoof afrigter. Hulle is laf.

En Meyer moet begin 'n balans tussen konserwatiewe spel en aanvallende spel begin kweek.
 
Ja. Ek dink Heyneke moet bly.

Dit wat hy reg gekry het om basies 'n span van niks af op te bou nie spreek boekdele. Hy het dieselfde met die bulle gedoen, en dit het eers baie sleg gegaan voordat dit goed gegaan het.

Maar ek stem saam dat Ricardo moet waai, ek dink nie hy bring baie na die tafel toe nie. Ek weet nie so lekker of van Graan moet waai nie, maar ek dink dis maar elkeen se opinie.
 
I have no idea what they are saying, but it looks very emotional..

Last edited by a moderator:
Lees julle mense die goed wat die mense se op supersport se rugby artikels ? komies van hulle.
 
Met die spekulasie van die Bok afrigter, en Johan Ackermann se naam word nogsteeds genoem.
 
So, manne. Wat is op jul wenslyste rugbygewys?

Ek is maar so-so oor die Stormers se kanse vorentoe, maar hoop Fleck kry 'n paar tips by Eddie Jones siende dat hy genoem het hy gaan daar aanklop en ons maak 'n paar goeie aanwinste. 'n Bietjie geluk wat ons jaarlikse krukkelys betref sal ook gaaf wees.

Ek hoop vir:

1 Steven Kitshoff om terug te kom op die een of ander manier siende dat Toetie hom klaarblyklik wil hier hê vir die Bokke
2 Enigiemand anders as Mbonambi of Scarra (vir die Bokke ook- hul kan nie Marx weggooi nie!). Hulle albei bring niks tot die partytjie nie en as ons ernstig oor verder vorder kan ons nie spelers dra nie.
3 Frans Malherbe
4 Eben Etzebeth
5 Pieter-Steph du Toit het wel bietjie kleigetrap in ons kwartfinaal, maar oor die toernooi is hy my top slot.
6 'n Waarlike baljagter. Wie dit sou wees sou ek nie weet nie. Notshe, Kolisi en Carr is piekfyn as hulle op vorm is, maar hulle is sulke eenderse spelers. Ons kort net twee van hulle. Selfs net een in die beginspan en een op die bank as ons 'n baljagter en bietjie vleis kan inbring op die losvoorspelers.
7 Siya Kolisi bring meer as Notshe in taai wedstryde
8 Nizaam Carr, maar ook net as hy weer sy 2013 spelpatrone kan naboots.
9 Cheslin Kolbe. Dit was lekker om te sien die Stormers het 'n heelagter wat sterk kan staan en die bal vorentoe neem in Taute. Hoop hy kan weer sy beste vorm vind. Ons skiet tekort as dit kom by skrumskakel. Hoop ons probeer hierdie ten minste. Wie weet!?
10 Rob du Preez. Het nou nie die wêreld aan die brand gespeel nie, maar dit is seker te veel gevra om van die merk af dit weer te doen na 'n lang besering en teen die 'Chiefs' in a kwarteindstryd.
11 Seabelo Senatla. Ons kyk wat hy kan doen in SR.
12 Damian de Allende
13 Hier weet ek nie. Die opsies is seker maar Jones of De Jongh. Ek sou graag 'n spelskepper hier wou hê. Ek het gehou van daai Willemse lat wat vir ons jeug gespeel het, maar hy is nou glo 'n blêrrie Bul. Lleyds heel moontlik. Ek weet nie.
14 Cornal Hendricks. Ek neem nou aan hy kan oor sy hartkwaal kom. Bid maar saam met die man.
15 Jaco Taute. Mits hy kan aanhou verbeter en weer sy naby sy beste kom. Ek skat hy sal nooit weer die spoed hê wat hy gehad het voor hy by ons aangekom het en st been twee keer gebreek het nie. Ons het natuurlik altyd Kolbe en daar was belowende jong heelagters, maar hulle is almal vort.

Kebble, Shickerling, Notshe/Carr, Schreuder, Du Plessis, Zas almal goed genoeg vir die bank. So ek skat ek soek 'n wêreldklas haaker, diepte in die voorry, 'n baljagter, 'n breker, 'n wêreldklas skrummie en dan kreatiwiteit op 13. Nie te veel gevra nie?
 
Wel, ek is nogals heel teverede met wat die Bulle gedoen het tov aankope en die huidige span. Ek hoop net ons beseerde manne kom reg want hulle sal ons help die beker wen. Ek dink net ons is bietjie lig in die broek as dit kom by stutte.

Hier is my potensiele Bulle span:

1. Trevor Nyakane
2. Adriaan Strauss
3. Marcel van der Merwe/Lizo Qoboka
4. Lood De Jager
5. RG Snyman
6. Shaun Adendorff / Roelof Smit
7. Jacques Potgieter
8. Arno Botha
9. Piet van Zyl
10. Handre Pollard
11. Jamba Ulengo
12. Jan Serfontein
13. Jesse Kriel
14. Travis Ismaiel
15. Warwick Gelant

16. Edgar Marutlule
17. Pierre Schoeman
18. ???
19. Jason Jenkins
20. Lappies Labuscagne
21. Rudy Paige
22. Tian Schoeman/Francois Brummer
23. SP Marais
 
ja-nee die Bulle het 'n wel 'n jong span, maar ek kan hulle sien goed domineer oor so 2/3 jaar as hulle daai span bymekaar kan hou en 'n wêreldklas skrumskakel kry om vir Pollard te komplimenteer.
 
Eerstens sal ek dit waardeur as ons net die spelers wat die Sharks nou het kan behou vir n paar jaar en daarop werk. Dit sal ook nice wees as ons ster spelers besering vry kan bly teminste net vir een seisoen.
Ons het n paar spelers wat wel nou weg gaan so gan seker by die cheetahs moet gaan soek vir nuwe spelers.
1.Mtawarira
2.Akker van der Merwe. Want die lions het vir Malcolm Marx en ons kan vir hom n begin plek gee.
3. Adriaanse. Nie rerig veel opsies in Suid Afrika vir hierdie posisie
4. Lewies. Sou PSDT verkies het maar sal maar tevrede wees met wat ons het.
5.Oosthuizen
6. Coetzee Asb bring hom terug SA toe SARU terwille van die Springbokke
7. Dan du Preez
8. Jean Luc du Preez
9. Reinach
10 Lambie
11.Sergeal Pietersen
12. A.Esterhuizen
13. Curwin Bosch. Met Paul Jordaan en JPP weg is daar n gaping op 13. Curwin lyk redelik vinnig en het die agtergrond om n heelagter te wees so sy verdediging behoort te hou. Anders lyk dit asof Francois Venter ons enigste opsie is.
14. Lwazi Mvovo
15. Willie le Roux

Ek moet erken dat die Bulls, Stormers en lions beter lyk op papier in terme van die toekoms. Veral met al die jong spelers wat die Bulls op die boeke het.

@unrated

Ek dink julle moet eerder kyk na Robbie Coetzee by die leeus. EK dink nie hulle sal maklik vir Akker laat gaan nie, want hys presies wat hulle nodig het van die bench af.

Maar julle het darem vir Marais op haker, 'n outjie wat by beindruk het die kere wat ek hom gesien speel het.
 
Last edited by a moderator:
Ek is bietjie verveeld en het met iemand gepraat oor wat sou kon gebeur in rugbyterme as daardie 'Cape Party' ooit aan bewind sou kom en dit regkry om af te stig van die res van SA soos wat hul dryfveer is. So maar na aanleiding van die onlangse verkiesings en mense se frustrasies met die raskwotas in ons sport (en die res van die k@k).

Nou ek is oortuig as dit sou gebeur dat die besighede en die mense (Afrikaanssprekendes ten minste siende dat die Kaap grotendeels Afrikaanssprekend is) Kaapland toe sou stroom en ek is seker ons sou 4 top gehaalte spanne kon vul. En dan 4 spanne vir die res van SA (of dan net 2 miskien as al die Afrikaanssprekendes weg is?).

My vriend het gesê ons sal sukkel om 4 spanne te vul met net Afrikaanssprekendes veral in die agterlyn. Ek dink ons kan. Is hier 3 ouens wt sou belangstel om my te help? Ons kan in 'n 'draft' 4 spanne opmaak. Net Afrikaanssprekendes (eerste taal) so met ander woorde die Habana's en Aplons sou tel, maar nie Craig Burden of Siya Kolisi nie. Ouens soos Josh Strauss of CJ Stander wat oorsee speel kan ook tel. Ietsie om die tyd te verwyl totdat die Rugby Championship begin. Dit sal nogal interressant wees om te sien watter spelers eerste gekies word as ons so iets kon doen. Any takers? Ek sal die 'draft' volgorde bepaal met 'n dobbelsteen.
 
Ek's in.
 
Latest posts

Top