• Help Support The Rugby Forum :

[Afrikaans]: Is hier enige Afrikaanse mense?

Goeie Frikkie..... maar Ashwin Willemse kan baie praat.... genade tog!
 
Ek is verveeld. Ek weet ons het 'n kans teen NZ komende naweek, maar ek kan nie help dink ons manne is plek-plek net te bloedjonk. Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit maak my nogal opgewonde as ek dink dat daar sulke jong manne is wat nog vir 'n goeie kern gaan sorg en net sterker saam gaan speel. Ons weet natuurlik nie tot watter mate die kwotas impak gaan maak nie, maar ons het verseker langtermyn potensiaal om no.1 te haal en te hou IMO. Kom ons kyk betjie na die span posisie vir posisie:

1 Kitshoff (23) / Nyakane (26) / T Du Toit (20)
2 Okay, so Bissie, Brits en Strauss gaan nie veel langer diens doen nie, maar ten minste sal hul nog fort kan hou terwyl ons soek. My voorloper om binne die volgende jaar of twee op te staan is die Leeus se Malcolm Marx (21) en Armand van der Merwe (24 - alhoewel hy nou in Europa speel). Marx begin nou sy voete vind noudat Akker uit is. Die laaitie is 'n bulletjie. Ek het so 'n vermoede dat toetsrugby sal goed pas by hom.
3 Malherbe (24) / Koch (25) / T Du Toit (20)
4 Etzebeth (23) / Oupa Mohoje (25 - as hy sy spelpeil kan lig is daar geen rede dat hy nie meer Bok kan wees nie) / Mostert (24)
5 De Jager (22) PS Du Toit (23 - hopenlik kry hy reg om beserings te vermy en bou hy 'n vennootskap met Etzebeth by die Stormers)
6 Kriel (26) / Coetzee (24)
7 Coetzee (24 - ek voel mens kan bekostig om beide Kriel en Coetzee te speel, want albei dra die bal met net soveel mening as wat hulle hom jaag) / Kolisi (24)
8 Hier voel ek moet Vermeulen nog 'n twee jaar insit soos met Bissie en Strauss, want jy gooi nie Vermeulen weg sonder rede nie. Wie kan hier oorneem? Op 'n stadium was ek nogal besot op Carr en hy tjap die 'transformasie boksie', maar hy sukkel om sy merk te maak soos in 2014. Whiteley was bietjie stil; ek dink net hy pas nie so lekker in die Bok stelsel in nie. Dit kan mens seker sê van die meeste Leeus en Cheetahs spelers, maar ek voel tog daar is uitsonderings. As Arno Botha beseringvry kan bly kan hy dalk weer in die prentjie kom. Liebenberg? Hier sukkel ek so bietjie... (help?)
9 Die groot vraag!!! Ons sal of ons patrone moet verander, of meer verantwoordelikheid op ons 10 moet plaas of 'n regstreekse plaasvervanger vir Du Preez moet kry. EK voel 'n kombinasie van 1 en 2 is ons beste bet bloot eenvoudig omdat ons sterk spelers in die posisie reeds het wat ons net rondom moet werk. Ek praat nou van Hougaard (27), De Klerk (24) en Reinach (25). Kies net die twee wat op beste vorm is. Eenvoudig. Hulle is al 3 eenderse spelers en ek dink hul is al drie klas in die regte omgewing, maar gemors in 'n Boktrui soos die Bokke se spelpatroon huidiglik daartoe na uitsien. Erens sal iets moet bes gee en Du Preez gaan nie nog 4 jaar haal nie en ek sien nie iemand in sy tipering rondhang in SA rugby nie.
10 Pollard (21) / Lambie (25) / Goosen (23 - mense vergeet van hom, maar die lat is jonk en sy spel kry goeie dimensie by Racing 92 en volgende seisoen het hy Carter langs hom as mentor)
12 De Allende (23)
13 Kriel (21) / Serfontein (22)
11 / 14 Hier is ons rojaal gefok met 'n hoofletter... eintlik almal hoofletters: GEFOK. Ons kort vleuels wat meer as twee boksies aftik. Haban is 32 en JPP en Mvovo albei 29. Ek kan nie aan veel opsies dink nie. Ek neig om te sê ons met uit posisie uit dink, maar ons het kwotas om te vervul en die minister was nie gelukkig toe Jesse Kriel op vleuel uitdraf nie. Hougaard, Le Roux en Combrinck ook opsies, maar albei wit. So ook Van Wyk by die Stormers - ek soek nou iemand met bietjie krag... die het Van Wyk, maar sy hande stel hom dan en wan teleur. Mapoe? Kolbe? Skosan of Mjekevu? Die Bulle se manne is seker ons beste opsies vorentoe?
15 Soos met die vleuels is ek bietjie besig o kp te krap. Le Roux het nou een te veel keer sy kans verbrou vir my. Dit sal ook jammer wees as ons Jesse Kriel heeltyd rondneuk.

Ai, hoekom het ek nie van 15 af 1 toe getel nie. Nou is ek mismoedig. Maar in elk geval, benewens die agterste drie en die feit dat ons plaasvervangers vir Bismarck, Du Preez en Vermeulen moet kry in kritiese posisies lyk ons jong manne klaar jags. Lekker.
 
Ek weet nie hoekom is jy so mismoedig nie, en duidelik het jy nie baie Currie Cup gekyk nie.

By die stutte gaan ek nie veel karring met wat jy reeds het nie, maar ek moet ook sê 'n paar jong latte het gewys hulle is nie bang om te scrum nie...

Haker: Moenie van Robbie Coetzee vergeet nie, Marx dink ek ook is die een wat ons moet dophou en miskien vroeër in kry.

Slotte: Marvin Orie het belaglike ballskills! hy en Jason Jenkins en RG Snyman kan vir Eben, Lood en PSDT mooi aanvul.

Flanke: Jaco Kriel, Marcel Coetzee, Dan Du Preez is almal ouens wat ons kan help, maar ek voel ons kort 'n fetchertjie, en ek het nie een rerig gesien uitstaan nie, behalwe Marnus Schoeman van die Pumas, maar hy is ook nie meer 'n Spring chicken nie.

Agste man: Arno Botha begin weer al hoe beter speel, en het elke game vir die bulle gespeel in die Currie Beker, ek dink hy is so te sê oor sy beserings op die kniee (ek hoop). Carr is ook nie 'n kak opsie nie.

Scrummie: Ons het baie opsies soos gewoonlik...

Losskakel: Handre, Johan en Pat, maar moet ook nie vergeet van Tiaan Schoeman en Robert Du Preez nie. hierdie 2 mannetjies kan skop en is ook nie bang vir kontak nie.

Senters: Ek wil Burger Odendaal, Paul Jordaan, Dries Swanepoel, Francois Venter en daai ander mannetjie van die leeus hier by gooi.

Vleuels: Jamba Ulengo, Travis Ismaiel, Seabelo Senatla, Sergeal Pietersen, Roscoe Specman, Cornal Hendricks... Jong vinnige fokkertjies!!

Heelagter: Kolbe, Warwick Gelant, Clayton Blommetjies...
 
Wil baie graag sien dat Pat Lambie op heelagter gespeel word en Morne Steyn op die bank is. Steyn se skopskoen kan waardevol wees. Willie maak te veel foute.
 
Ek sal ook hoop om Lambie op heelagter te sien maar Heineke het nou al baie in die media gese dat hy nie lambie as n heelagter sien nie maar as n losskakel. Hy het ook gese dat dit onregverdig is om n speler se posisie elke nou en dan te verander.

Maar as lambie gekies word gan ek beslis nie kla nie.
 
Vir seker. Le Roux het nou genoeg kns gehad om homself in die prentjie te bevestig en die enigste rede dat hy daar is is 'n tekort aan opsies. Dit sal moet of Lambie of Kriel wees (Steyn op die bankie vir die een opsie - my voorkeur ook- en Serfontein op 13 in die ander een). Le Roux kan maar huis toe gaan en beplan hoe hy die Sharks se kanse volgende jaar gaan begrawe.

Ek weet nie hoekom is jy so mismoedig nie, en duidelik het jy nie baie Currie Cup gekyk nie.

By die stutte gaan ek nie veel karring met wat jy reeds het nie, maar ek moet ook sê 'n paar jong latte het gewys hulle is nie bang om te scrum nie...

Haker: Moenie van Robbie Coetzee vergeet nie, Marx dink ek ook is die een wat ons moet dophou en miskien vroeër in kry.

Slotte: Marvin Orie het belaglike ballskills! hy en Jason Jenkins en RG Snyman kan vir Eben, Lood en PSDT mooi aanvul.

Flanke: Jaco Kriel, Marcel Coetzee, Dan Du Preez is almal ouens wat ons kan help, maar ek voel ons kort 'n fetchertjie, en ek het nie een rerig gesien uitstaan nie, behalwe Marnus Schoeman van die Pumas, maar hy is ook nie meer 'n Spring chicken nie.

Agste man: Arno Botha begin weer al hoe beter speel, en het elke game vir die bulle gespeel in die Currie Beker, ek dink hy is so te sê oor sy beserings op die kniee (ek hoop). Carr is ook nie 'n kak opsie nie.

Scrummie: Ons het baie opsies soos gewoonlik...

Losskakel: Handre, Johan en Pat, maar moet ook nie vergeet van Tiaan Schoeman en Robert Du Preez nie. hierdie 2 mannetjies kan skop en is ook nie bang vir kontak nie.

Senters: Ek wil Burger Odendaal, Paul Jordaan, Dries Swanepoel, Francois Venter en daai ander mannetjie van die leeus hier by gooi.

Vleuels: Jamba Ulengo, Travis Ismaiel, Seabelo Senatla, Sergeal Pietersen, Roscoe Specman, Cornal Hendricks... Jong vinnige fokkertjies!!

Heelagter: Kolbe, Warwick Gelant, Clayton Blommetjies...

Ek bieg ek kon nie by te veel Currie Cup hierdie jaar uitkom nie. Hel, ek het die Bokke se game teen Samoa gemis! Tussen troues (dis maar daai seisoen), trek, babas en nuwe besigheid op die been probeer bring (hier is ek sleg ver agter) sukkel dit maar.

Ek is bly om te hoor daar is nog 'n paar jong stutte en slotte wat bietjie stem dik maak. Ek het ook nie vergeet van Odendaal, Venter en Vorster nie. Wel het ek vergeet van Jantjies, maar ek sukkel om oor daardie vrot jaar wat hy vir die WP gehad het te kom. My gevoel is nog altyd dat as jy uitblink vir die Stormers/Bulle/Sharks dan sal jy werk vir die Bokke terwyl goeie vertonings vir die Leeus en Cheetahs tel maar vir min op toetsvlak; dis net ander rugby en jy gaan nie naastenby dieselfde spasie he nie. Dan weer 'n man soos Lood sukkerl by die Cheetahs want hul game is net te vinnig en wyd vir die grootte lyf, maar sit hom in 'n goren trui en in toetsrugby en hy floreer. Dis maar 'n moeilike ding om te voorspel.

Waar was ek nou.. o, ja. Daai 3 senters blyk om oraait te wees, maar ek wil sien dat hul dit herhaal vir 2016. Dit sal goed wees as hul kan hond haaraf maak want dan kan ons Kriel miskien 15 toe skuif. Kolbe wil ek nie sien in groen nie. Ek kan net sien hoe hy geteiken word en die spasie is net nie dieselfde nie. Ek is nie te opgewonde oor ons vleules nie. Jy noem name en die manne het spoed, maar dis omtrent dit. Sit hulle langs omtrent enige NZ'se vleuel en daar is net geen kompetisie nie.

Ek is jammer vir manne soos Rob du Preez, Schoeman en 'n paar ander in die senters. Ook daai jong laaities op slot wat jy genoem het. Ek dink nie hul gaan veel kans kry om hul naam te maak nie. Tensy daar baie beserings is of die ouens wat nu reeds in is en net ~22 is erg van vorm af gaan. Amper soos Bekker, Kruger en die lot wat net nooit regtig kans gehad het met Victor en Bakkies daar nie.
 
Wat dink julle van Robert du Preez wat aangestel is by die Sharks ? Ek persoonlik dink die Bulle moes hom betrek het. Hy ken daai omgeweging en sy kennis van die unie met sy afrigting kon 'n aanwins gewees het.

Ek sal bieg, ek het nooit van hom en Naas gehou nie, maar dit was net omdat hulle so goed was. Dis ek in my jonger dae. :D
 
Vir seker. Le Roux het nou genoeg kns gehad om homself in die prentjie te bevestig en die enigste rede dat hy daar is is 'n tekort aan opsies. Dit sal moet of Lambie of Kriel wees (Steyn op die bankie vir die een opsie - my voorkeur ook- en Serfontein op 13 in die ander een). Le Roux kan maar huis toe gaan en beplan hoe hy die Sharks se kanse volgende jaar gaan begrawe.

Ek bieg ek kon nie by te veel Currie Cup hierdie jaar uitkom nie. Hel, ek het die Bokke se game teen Samoa gemis! Tussen troues (dis maar daai seisoen), trek, babas en nuwe besigheid op die been probeer bring (hier is ek sleg ver agter) sukkel dit maar.

Ek is bly om te hoor daar is nog 'n paar jong stutte en slotte wat bietjie stem dik maak. Ek het ook nie vergeet van Odendaal, Venter en Vorster nie. Wel het ek vergeet van Jantjies, maar ek sukkel om oor daardie vrot jaar wat hy vir die WP gehad het te kom. My gevoel is nog altyd dat as jy uitblink vir die Stormers/Bulle/Sharks dan sal jy werk vir die Bokke terwyl goeie vertonings vir die Leeus en Cheetahs tel maar vir min op toetsvlak; dis net ander rugby en jy gaan nie naastenby dieselfde spasie he nie. Dan weer 'n man soos Lood sukkerl by die Cheetahs want hul game is net te vinnig en wyd vir die grootte lyf, maar sit hom in 'n goren trui en in toetsrugby en hy floreer. Dis maar 'n moeilike ding om te voorspel.

Waar was ek nou.. o, ja. Daai 3 senters blyk om oraait te wees, maar ek wil sien dat hul dit herhaal vir 2016. Dit sal goed wees as hul kan hond haaraf maak want dan kan ons Kriel miskien 15 toe skuif. Kolbe wil ek nie sien in groen nie. Ek kan net sien hoe hy geteiken word en die spasie is net nie dieselfde nie. Ek is nie te opgewonde oor ons vleules nie. Jy noem name en die manne het spoed, maar dis omtrent dit. Sit hulle langs omtrent enige NZ'se vleuel en daar is net geen kompetisie nie.

Ek is jammer vir manne soos Rob du Preez, Schoeman en 'n paar ander in die senters. Ook daai jong laaities op slot wat jy genoem het. Ek dink nie hul gaan veel kans kry om hul naam te maak nie. Tensy daar baie beserings is of die ouens wat nu reeds in is en net ~22 is erg van vorm af gaan. Amper soos Bekker, Kruger en die lot wat net nooit regtig kans gehad het met Victor en Bakkies daar nie.

Ook waar. Maar ons moenie ons tyd mors met enige een van die Jantjies boeties nie. My broer en Elton is goeie tjommies, (hulle was saam in Dromedaris manskoshuis), en daar is baie goed agter die skerms waarvan ons nie weet nie. Die Jantjies broers gaan nie meer baie prominent vertoon nie, as hulle situasie waarin hulle nou is, nie verbeter nie. Maar ek gaan nie nou daaroor uitbrei nie. Elton is ook in elk geval nou in Japan, en ek het 'n idee hy gaan daar bly.

Maar ja, jy's reg, meeste van ons jong outjies gaan nie nou al 'n kans kry nie, veral nie as ons huidige bokkies voortgaan met hul vorm nie. Maar ons almal weet, beserings sal altyd sy kop wys en dis daar waar hierdie ander manne wag vir 'n kans.

Wat dink julle van Robert du Preez wat aangestel is by die Sharks ? Ek persoonlik dink die Bulle moes hom betrek het. Hy ken daai omgeweging en sy kennis van die unie met sy afrigting kon 'n aanwins gewees het.

Ek sal bieg, ek het nooit van hom en Naas gehou nie, maar dit was net omdat hulle so goed was. Dis ek in my jonger dae. :D

Jong, ek weet nie, ek dink nie Robert se lojaliteite is meer by die bulle nie. veral omdat sy seuns (Dan en Jean-Luc) nou by die Saaks is.

Maar op daai topic is ek nogals opgewonde oor volgende jaar se Super 18 toernooi. En ek sien uit wat Nollis Marais gaan bring. In hierdie Currie Cup het hy gefokus op ons agterspelers wat die aanvalwerk doen, en minder druk op die voories gesit het.
 
Vererg ek my nou vir daai sleutel bord vegter kont in die thread. Ek sal hom mos met 'n bobbejaan spanner oor die kneukels tik!
 
SA 2016

1 Steven Kitshoff / Thomas du Toit op die bank (hy is nie 'n vaskop nie; lyk net baie beter op LK en ons het Koch en Malherbe)
2 Adriaan Strauss / Malcolm Marx op die bank (laat Bismarck fokus op sy beursie- hy verdien dit- en probeer die opvolger vind)
3 Frans Malherbe / Vincent Koch
4 Eben Etzebeth /
5 Lood de Jager / PS du Toit
6 Marcel Coetzee
7 Jaco Kriel
8 Duane Vermeulen (c) / Arno Botha (goeie opsie vir langtermyn opvol no.8 en kapteinskap?)
9 Francois Hougaard / Faf de Klerk of Cobus Reinach (ama 50/50)
10 Handre Pollard / Pat Lambie
11
12 Damian de Allende
13 Jan Serfontein
14
15 Jesse Kriel / Warrick Gelant (Kriel kan senter dek)

?
 
Gelant is my man vir heelagter, het van hom gepraat op ander thread. Jessie moet op senter bly. Daar is paar jong manne wat deurkom. Jessie se broer, die twee Du Preez laaities by die Sharks.....die ander Du Preez by WP.

- - - Updated - - -

Die twee Bulls slotte ook.Jong manne met 'n toekoms.
 
Vererg ek my nou vir daai sleutel bord vegter kont in die thread. Ek sal hom mos met 'n bobbejaan spanner oor die kneukels tik!

Onthou jou reëls vir saamgestelde woorde. 'Sleutelbordvegterkont' of dan nou 'sleutelvegter kont'; ek is nie seker of jy 'sleutelbordvegter' gebruik om die 'kont' te beskryf of dan nou 'sleutelbordvegterkont' as een term/konsep bedoel? En dan 'bobbejaanmoersleutel', asseblief! Hierdie is immers die Afrikaanse draadjie op die webwerf en standaarde moet gehandhaaf word of hoe?

Gelant is my man vir heelagter, het van hom gepraat op ander thread. Jessie moet op senter bly. Daar is paar jong manne wat deurkom. Jessie se broer, die twee Du Preez laaities by die Sharks.....die ander Du Preez by WP.

- - - Updated - - -

Die twee Bulls slotte ook.Jong manne met 'n toekoms.

Daar is net 'n paar vrae ten opsigte van ons seleksies;

Hoe gaan die Bulle maak tussen Odendaal/Serfontein/Kriel/(en selfs WSS) op senter en/of Kriel/Gelant op heelagter? Mens wil nie Bok spelers rondneuk tussen posisies nie; dit het nog nooit goed uitgedraai nie en afhangend van wat die Bulle doen kan dit deurslaggewend wees vir die Bokke. Julle Bulle het nogal 'n lekker jong agterlyn daar as mens Hougie, Pollard en jul nuwe vleuels byreken. Ek's net bly julle skrum so vrot! Die Sharks neuk nou juis met Thomas du Toit op Vaskopstut omdat hul daar behoefte gaan hê alhoewel ek reken hy gaan meer beteken vir die Bokka op loskopstut.
 
Onthou jou reëls vir saamgestelde woorde. 'Sleutelbordvegterkont' of dan nou 'sleutelvegter kont'; ek is nie seker of jy 'sleutelbordvegter' gebruik om die 'kont' te beskryf of dan nou 'sleutelbordvegterkont' as een term/konsep bedoel? En dan 'bobbejaanmoersleutel', asseblief! Hierdie is immers die Afrikaanse draadjie op die webwerf en standaarde moet gehandhaaf word of hoe?

Daar is net 'n paar vrae ten opsigte van ons seleksies;

Hoe gaan die Bulle maak tussen Odendaal/Serfontein/Kriel/(en selfs WSS) op senter en/of Kriel/Gelant op heelagter? Mens wil nie Bok spelers rondneuk tussen posisies nie; dit het nog nooit goed uitgedraai nie en afhangend van wat die Bulle doen kan dit deurslaggewend wees vir die Bokke. Julle Bulle het nogal 'n lekker jong agterlyn daar as mens Hougie, Pollard en jul nuwe vleuels byreken. Ek's net bly julle skrum so vrot! Die Sharks neuk nou juis met Thomas du Toit op Vaskopstut omdat hul daar behoefte gaan hê alhoewel ek reken hy gaan meer beteken vir die Bokka op loskopstut.

Jy klink nou soos my fokken ma!

Ek het dit juis so gesplit dat die fokker nie nie dit kopieer en plak in google se vertalings program nie...
 
Sekere Nz'ers hou daarvan om die Suid-Afrikaners se bloed te laat kook. Dis maar net hoe dit is.
 
Sjoe... maar Saterdag sloer..... kom nou.... is jy al hier ? Wil rugby kyk :D
 
Google translation works wonders.

Just joking guys..... All the best for the next game during the play-offs for third and fourth :eek:

C'mon guys, after google translation I noticed your passion, it's only a game man.

Man up and please mind your language, do as Hansen and HM would do..........shake hands :redcard::redcard:

- - - Updated - - -

If SA win then so be it, I've looked on other web sites and you guys just "cook our blood"
 
Latest posts

Top